Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!... more
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 1,007 episodes available.
May 02, 2023RSG Help 2 Mei 2023RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Spay a Stray)...more11minPlay
April 26, 2023Kuns met kontant 26 April 2023Hy het die musiekwêreld in 2017 betreë en sedertdien groot naam vir homself gemaak. Die talle eerbewyse wat reeds aan hom toegeken is, is ’n bevestiging hiervan. Behalwe vir sy meer as eenmiljoen kyke op YouTube, is sy musiek ook met platinumstatus vereer vir sy lied, WYN, en gouestatus vir, BIETJIE LIEDJIE. Deon Groot praat oor die kontras tussen geld se afwesigheid en teenwoordigheid in sy lewe....more46minPlay
April 25, 2023RSG Help 25 April 2023RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Die Vereniging vir Bejaardes - TAFTA)...more12minPlay
April 18, 2023RSG Help 18 April 2023RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Matlosana Diereskuiling)...more11minPlay
April 12, 2023Kuns met kontant 12 April 2023Hy vier vanjaar twee dekades in die musiekbedryf. Sy eerste album het in 2003 verskyn. Al sy albums het goue-, platinum- of dubbelplatinum-verkoopstatus gekry. Hy was bloedjonk toe hy sy treffers EK WIL MY BABY HÊ VANAAND, ROCK DAAI LYFIE, GENERAAL en VERGEET EN VERGEWE vrygestel het, en nou op 44-jarige ouderdom spandeer hy baie tyd aan die inwin van algemene kennis én finansiële kennis. Hierdie energieke sanger kuier aan’t huis by Henco met ’n c, en die twee manne eet Coco Pops en kaas. Waar bêre Nicholis Louw sy boeke? Op sy boek-rock!...more43minPlay
April 05, 2023Kuns met kontant 5 April 2023Die manne van ADAM is terug in die kollig. Die publiek het reeds in 2011 met hulle kennis gemaak. Sewe albums en vier enkelsnitte later het die groep al talle treffers tot die Afrikaanse musiekgenre gevoeg. Van hulle grootste treffers is: SAL OORLOG VIR JOU MAAK, HOOGTEVREES en LIEFDE SOLDAAT. Die groep bestaan uit drie lede, Kyle, Christoff en Hugo. Hulle het reeds op verskeie geleenthede duisende mense regoor Suid-Afrika met hulle indrukwekkende, drieledige harmonië vermaak. In hierdie aflewering vertel Kyle en Christoff openharting (en beide van hulle voltydse skoolonderwysers) hoe uitdagend die Afrikaanse musiekbedryf is. Hulle gesels onder andere ook oor die besit en huur van vaste eiendom, wat aansluit by ADAM se nuutste trefferliedjie, HUURVRY....more30minPlay
April 04, 2023RSG Help 4 April 2023RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Louis57 Stigting)...more12minPlay
March 30, 2023Internasionale Countryster Kip Moore gesels op SpitstydWillem Pelser praat met Kip Moore oor sy toer na Suid-Afrika en waar sy liefde vir Countrymusiek begin het....more5minPlay
March 29, 2023Kuns met kontant 29 Maart 2023Die broer-duo, Droomsindroom, het kort na die pandemie se grendeltyd groot opslae gemaak met hulle debuutenkelsnit, Hey Sonneblom. Dis ’n goedvoelliedjie en die sonneblom waarna daar verwys word is ’n metafoor vir die persone in elkeen van ons se lewe wat somer én sonskyn gedurende jou donkerste tye bring. Hierdie liedjie van die Schlebusch-boeties, Kirsten (23) en Kyle (16), boer die afgelope jaar boaan Apple Music se Afrikaanse trefferlys. Dit het hulle ook ‘n plek op verlede jaar se uiters gewilde en suksesvolle Afrikaans Is Groot-verhoog besorg. Henco Kruger het Kirsten en Kyle se bestuurder en ma saam genooi om ook by haar uit te vind wat dit verg om die groep finansieël en operasioneel suksesvol te bestuur....more38minPlay
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 1,007 episodes available.