Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!... more
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 892 episodes available.
April 20, 2022Kuns met kontant 20 April 2022Sy straal skoonheid uit van sowel binne as buite. Hierdie sonskynmens se lewensvreugde én lewenswysheid is opmerklik. Voor elke hoofstuk in haar boek, Paaie van hoop, is ‘n pragtige swart en wit volbladfoto van Nadia Beukes, maar sy sê dat alles nie net swart of wit in die lewe is nie en dat die grys gebiede tussenin ook bewandel moet word om oplossings te vind....more13minPlay
April 19, 2022RSG Help 19 April 2022RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (A Touch From Heaven)...more7minPlay
April 13, 2022Kuns met kontant 13 April 2022Sy het begin as Nina in FIELA SE KIND en groot bekendheid verwerf met die hoofrol in SAARTJIE. Vandag is sy ‘n suksesvolle sakevrou, model, aktrise, liefdadigheidswerker en motiveringspreker. Niemand hou van admin doen nie, veral as dit by hul persoonlike finansies kom. Annie Malan glo dat die engeltjies juis in jou admin versteek is. Die belangrikste geldles het sy nie by wêreldentrepreneurs soos sir Richard Branson (wat sy persoonlik ken) geleer nie, maar by ‘n vlugteling uit Sirië. Die vlugteling se liefde vir tale was sy redding, en dit is onder andere waarom Annie so lief is vir Afrikaans. Sy haal graag Langenhoven: “Ssoveel tale as ek kan, soveel keer is ek ‘n man.” Soos oudergewoonte het Henco Kruger en sy gas ‘n pot skaak gespeel. Hierdie keer het Henco sy moses teëgekom....more12minPlay
April 12, 2022RSG Help 12 April 2022RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Burgers Help Mekaar SA)...more11minPlay
April 08, 2022Franna Benade in die ateljeeDie een helfte van die sangpaar Innes en Franna kuier in die Spitstyd-ateljee. Willem Pelser gesels met Franna Benade oor sy loopbaan en lewe....more38minPlay
April 06, 2022Kuns met kontant 6 April 2022Jonathan van Radio Raps-faam is almal se vriend. Hy is eerlik, spontaan en lewenswys. Ons almal het daai een vriend wat soos hy is, tog is daar altyd ‘n positiewe ondertoon in alles wat hy sê en doen. Hy herinner ons aan goed wat ons almal weet, maar soms te skaam is om self te sê. Hy is ‘n fyn waarnemer, nes die skepper van hierdie karakter, Rikus de Beer. Henco Kruger het al vroeg tydens die reeks van Kuns met Kontant die vooropgestelde idee laat vaar dat hy heeltyd sal lag tydens sy kuiers by legendariese komediante. Hierdie kuier was weer eens bewys daarvan, want Rikus de Beer is ‘n diep denker en filosoof met ‘n kop vir besigheid. Hy ken sy teikenmark uitstekend, en die produk wat hy uiters suksesvol aan sy kliënte via Radio Raps en Hennie’s verkoop, is ontvlugting....more13minPlay
April 05, 2022RSG Help 5 April 2022RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Yenzokuhle Opleiding en Ontwikkeling)...more16minPlay
March 31, 2022Kuns met kontant 31 Maart 2022Twaalf jaar gelede het hy skoonskip gemaak toe hy 65% van die stemme gekry het om die sesde Suid-Afrikaans Idols-kompetisie te wen. Hy het oornag R500 000 ryker geword, maar onmiddelik die helfte van sy prysgeld aan die naaswenner geskenk. Hoekom is dameshandsakke ‘n duur, maar belangrike sakeles wat Elvis Blue geleer het? En hoe bestuur mens ‘n padstal en koffiewinkel soos Elvis Brew suksesvol?...more13minPlay
March 30, 2022RSG Help 30 Maart 2022RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (VlokSkop-stigting)...more12minPlay
March 29, 2022Tegnologie 29 Maart 2022Ettienne Ludick praat oor Apple wat die produksie van sy iPhone SE gaan afskaal, en NASA wat nuwe gevorderde valhelms vir sy ruimtevaarders ontwikkel het....more4minPlay
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 892 episodes available.