Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!... more
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 1,007 episodes available.
February 22, 2023Kuns met kontant 22 Februarie 2023David Fourie het beslis geen bekendstelling nodig nie. Sedert hy in 2002 sy buiging op die SA IDOLS-verhoog gemaak het, het hy diep spore in die plaaslike musiekbedryf getrap, en kan hy spog met ’n hele rits treffers, hoogtepunte en toekennings. Oor die jare het hy verskeie loopbaanhoogtepunte bereik, waaronder openingsvertonings vir Westlife tydens hulle Suid-Afrikaanse toer, en om uitgenooi te word om as spesiale gas by die Eurovision-sangkompetisie op te tree in 2011. Verder het hy ook al die voorreg gehad om die Suid-Afrikaanse, Australiese en Skotse volksliedere te sing tydens toetsrugby....more32minPlay
February 21, 2023RSG Help 21 Februarie 2023RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Beanies for babies)...more12minPlay
February 14, 2023RSG Help 14 Februarie 2023RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (CHOC Kinderkankerstigting)...more12minPlay
February 13, 2023Wêreld Radiodag - Pieter van den BergVir Wêreld Radiodag het die Spitstyd-span by van hulle kollegas gaan hoor hoe hulle in die uitsaaibedryf betrokke geraak het....more4minPlay
February 13, 2023Wêreld Radiodag - Amore BekkerVir Wêreld Radiodag het die Spitstyd-span by van hulle kollegas gaan hoor hoe hulle in die uitsaaibedryf betrokke geraak het....more3minPlay
February 13, 2023Wêreld Radiodag - Derrich GardnerVir Wêreld Radiodag het die Spitstyd-span by van hulle kollegas gaan hoor hoe hulle in die uitsaaibedryf betrokke geraak het....more3minPlay
February 08, 2023Kuns met kontant 8 & 15 Februarie 2023Elke Dinsdagaand om agtuur op RSG hoor ons hoe hy die temalied van RSG Kuns speel. RSG-luisteraars versoek gereeld om veral sy Jim Muller-keurspel te hoor. Hy is ‘n boorling van Harrismith wat as jong mens sterk beïnvloed is deur ‘n besoek aan dié dorp deur die boeremusieklegende Nico Carstens. Hy het klassieke musiek aan die Universiteit van die Vrystaat studeer sodat hy vandag konsertinas, banjos en trekklaviere saam met simfonieorkeste op verhoë dwarsoor die land kan saamvoeg. Ná sy studies het hy Johannesburg toe verhuis en het by sy eerste werk by Club 58 in Hillbrow ‘n weeklikse betaling van R400 ontvang, waarvan hy R100 in aandele op die JSE belê het. Kom luister hoe so ‘n slim finansiële besluit Rocco de Villiers ryklik beloon het, en waarom hy sy hande sy Rande noem....more53minPlay
February 07, 2023RSG Help 7 Februarie 2023RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Strand Dienssentrum)...more10minPlay
February 03, 2023Eerste Vrydag: Sally CampherElke eerste Vrydag van die maand is daar 'n legende in die Spitstyd-ateljee. Vandag is dit die aktrise, Sally Campher....more53minPlay
February 01, 2023Kuns met kontant 1 Februarie 2023‘n Akteur wat onthou word vir sy vertolkings in televisiereekse in die jare 80, soos Orkney Snork Nie, Wolwedans In Die Skemer en Die Losprys. Hy het sy operadebuut op 21-jarige ouderdom gemaak, en daarna verskeie hoofrolle as liriese bariton in operas gesing. Vandag is ons bevoorreg om elke Sondagaand saam met hom op RSG tydens Dis Opera te kuier. In die wêreld van die uitvoerende kunste het Charl van Heyningen blou bloed as lid van ‘n gesin waar Francois van Heyningen sy pa was, wat ook later jare met die sopraan Lucille Ackerman getroud was....more13minPlay
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 1,007 episodes available.