Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!... more
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 892 episodes available.
February 09, 2022RSG Help 9 Februarie 2022RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Happy Yappers Animal Sanctuary)...more10minPlay
February 08, 2022Tegnologiepraatjie 8 Februarie 2022Is jy in die mark vir ‘n goeie antivirus-program? Hoe weet jy watter een is reg vir jou?...more9minPlay
February 03, 2022Kuns met kontant 3 Februarie 2022Rika Sennett het die rolle van sterk vroue vertolk in bekende TV-produksies soos Fees van die Ongenooides en Verraaiers. Sy het vroeg in haar loopbaan harte verower as Rissiepit in die film, Snip en Rissiepit. Sy was ook die eerste vroue aanbieder vir SABC TV in 1975. Rika beskryf teater as die moeder van die kunste, en dis haar groot liefde. Henco Kruger gesels met haar oor haar loopbaan en akteurs se hantering van hulle geldsake....more17minPlay
February 02, 2022RSG Help 2 Februarie 2022RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Helping a Little One - HALO)...more11minPlay
January 27, 2022Kuns met kontant 27 Januarie 2022Henco Kruger sit sy gesprek met Lizz Meiring voort. Sterk of fiks is geen waarborg vir oorlewing nie, maar wel of 'n individu kan aanpas by veranderende omstandighede. 'n Suksesvolle kunstenaar sal dus nooit 'n slagoffer wees nie, sê Lizz. Die Covid-golwe het die kunsbedryf soos 'n tsunami getref. Lizz vertel watter uitwerking Covid op kunstefeeste gehad het en hoe versekeraars die klousule van force majeure interpreteer het kort na feeste se kanselasies. Op 'n positiewe noot vertel sy hoe jou generasie jou persepsie oor geld beïnvloed. Vroeër generasies het finansiële stabiliteit eerste gestel en persoonlike geluk laaste. Lizz deel wat haar ouers se siening van geld was. Hulle het haar geleer dat mens finansiële stabiliteit sál vind as jy doen wat jou gelukkig maak....more9minPlay
January 26, 2022RSG Help 26 Januarie 2022RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Insimbi Legacy Projects)...more11minPlay
January 25, 2022Tegnominuut 25 Januarie 2022Ettienne Ludick praat oor Action Audio wat by die Austaliese Ope gebruik word. Dit stel blinde mense in die stadion in staat op die spel te volg....more6minPlay
January 20, 2022Kuns met kontant 20 Januarie 2022“Celebrity is vir my ‘n aaklige woord - dit klink vir my eerder soos ‘n dronk slak of goedkoop handeroom.” Lizz Meiring is in 2020 in die Suid-Afrikaanse Legendes-museum as 'n lewende legende ingehuldig. Sy is ‘n raadslid van haar bedryf se enigste hulpfonds, die Teaterbystandfonds. Sy vertel vir Henco Kruger waarom sy nog nooit in ‘n sepie gespeel het nie, en waarom sy glo dat kunstenaars nie ‘n groot finansiële risiko vir finansiële instellings is nie. Volgens Lizz is finansiële beplanning belangrik, maar strategiese beplanning van jou loopbaan, en of jy geneties bedraad is vir jou beroep, is baie belangriker. “Moenie die kunstemense onderskat nie! Gee vir ons ‘n vadoek, ‘n stuk koerantpapier en ‘n glas water en ons sal daarmee vir jou iets magies skep. Ons is die kreatiewe skeppers en die planmakers!”...more12minPlay
January 19, 2022RSG Help 19 Januarie 2022RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Willow Creek Education Centre)...more11minPlay
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 892 episodes available.