Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!... more
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 1,007 episodes available.
November 01, 2022RSG Help 1 November 2022RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (DBV Carletonville)...more11minPlay
October 28, 2022Christo Olivier kuier in die ateljeeBreyton Paulse het vir Christo Olivier gedoop as Die Stem van Bloemfontein. As deel van Afrikaanse radio se 85-jaar viering, kuier herdie radioveteraan by Willem Pelser in die ateljee....more49minPlay
October 26, 2022Kuns met kontant 26 Oktober 2022Op groot aanvraag brei Kuns met Kontant uit, en gesels Henco met ‘n c voortaan ook met Afrikaanse sportsterre! Vanes-Mari du Toit: Van Protea-netbalspeler, sportkommentator, Kwêla-aanbieder tot aanbieder van vanjaar se Afrikaans Is Groot. Sy benader haar geldsake soos ‘n Verdediger én ‘n Doel; die twee uiteenlopende posisies op internasionale netbalbane waarvoor sy bekendheid verwerf het. Op die netbalbaan word daar doelpersentasies aan spelers toegeken. Voetfoute word ook uitgewys. Vanes-Mari vertel in hierdie openhartige onderhoud wat haar persoonlike doelpersentasie tot dusver is....more37minPlay
October 25, 2022RSG Help 25 Oktober 2022RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Diepkloof Kleuterskool)...more9minPlay
October 19, 2022Kuns met kontant 19 Oktober 2022Hierdie aflewering is ‘n keurspel; ‘n allegaartjie van die beste wat nog nie gehoor is nie. Elke Woensdagiddag saai RSG tydens Spitstyd weens tydbeperkings net 12 minute van Henco met ‘n ‘c’ se onderhoude uit. Die volledige onderhoude word as potgooi op RSG se webwerf beskikbaar gemaak. Maar wat van die dele wat op die redigeerkamer se vloer beland? Ons het van die brokkies gaan optel en aanmekaar gevoeg vir ‘n beste-van-luisterervaring van die afgelope jaar se gunsteling gaste....more13minPlay
October 18, 2022RSG Help 18 Oktober 2022RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Rockaby Baby House)...more12minPlay
October 12, 2022Kuns met kontant 12 Oktober 2022Hy is sedert die jare 90 ‘n integrale deel van die Suid-Afrikaanse musieklandskap. Hy is die kaptein van dans- en saamsingmusiek. Trefferliedjies soos Kaptein, Loslappie, Meisie Meisie en Hemel Op Tafelberg het hom die koning van sokkie gemaak. Hy is ‘n superster in Suid-Afrika en Europa, met veral Belgiese en Nederlandse sangers wat tou staan om sy liedjies te koop en op te neem. Kurt Darren se nuutste trefferliedjie is, Wat My Pa Sou Sê. In hierdie openhartige gesprek draai Henco Kruger hierdie liedjie se woorde om, en wil hy by Kurt weet wat hy vir sy pa sou sê....more26minPlay
October 11, 2022RSG Help 11 Oktober 2022RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Project Schools)...more11minPlay
October 06, 2022Eerste Vrydag (op 'n Donderdag): Danie BothaElke eerste Vrydag van die maand is daar 'n legende in die Spitstyd-ateljee. Vandag is dit die sanger, Danie Botha....more37minPlay
October 05, 2022Kuns met kontant 5 Oktober 2022Wat gebeur wanneer twee gewilde sangers besluit om die wonder van die natuur te vier met ’n treffende duet? ’n Hoendervleismooi liedjie word geskep, wat Afrikaanse musiekharte net so diep sal raak soos die ongerepte natuurskoon van die woestyn. NAG IN DIE NAMIB pas Jannie Moolman en Helenè Bester se stemme soos ’n handskoen, en is een van daardie enkelsnitte wat dadelik in jou kop vassteek omdat dit nes die Namib, jou asem wegslaan. Die twee musikante sing al jare lank saam, maar het die moontlikheid om saam oor hulle geldsake te gesels eers oorweeg toe Henco by hulle gaan kuier het, en die eerste aflewering van Kuns met kontant opgeneem het waarin twee swaargewigte van die Afrikaanse musiekbedryf openhartig gesels....more13minPlay
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 1,007 episodes available.