Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!... more
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 1,007 episodes available.
August 31, 2022Kuns met kontant 31 Augustus 2022Henco’s gast is de ambassadeur om de afrikaanse en nederlandse taal en muziek samen te brengen en te verzoenen. Zijn oorsprong ligt in Nederland, en hij is al sinds 1990 nationaal eigendom van Zuid-Afrika. Voor hem is schrijven en creëren het leukste van zijn beroep. Hij heeft echter een hekel aan de commerciële kant van de industrie, maar geeft toe dat het een noodzakelijk kwaad is. Luister naar de taal van het hart van Stef Bos....more45minPlay
August 30, 2022RSG Help 30 Augustus 2022RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Loslitdag)...more16minPlay
August 24, 2022Kuns met kontant 24 Augustus 2022Henco Kruger kuier by Jacques de Villiers (Joshua Na Die Reën) op die familieplaas waar Jacques skerp herinneringe van sy kleintyd het. Hier leef hy sy liefde vir die lewe uit waar hy die natuur voel, proe en ruik. Vir Jacques lê daar oral in die natuur versreëls wat dalk ’n liedjie kan word; woorde is vir hom soos asem. Kuns Met Kontant maak ’n loergaatjie oop waardeur daar na beroemdes se geldsake gekyk word, maar uit hierdie gesprek met Jacques besef mens weer eens dat alles in die lewe nie oor geld gaan nie. ‘n Vraag en ‘n antwoord daarop vang vir Henco en Jacques albei onkant. Luister na hierdie diep en openhartige gesprek gevul met baie mooi oomblikke....more40minPlay
August 23, 2022RSG Help 23 Augustus 2022RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Forward Foundation)...more11minPlay
August 17, 2022Kuns met kontant 17 Augustus 2022Hy dra gebreide truie wat Suid-Afrika se geliefde snorman laat lyk asof hy uit ‘n 1970’s modetydskrif geklim het. Hy speel rolbal op kompeterende vlak, en van sy lekkerste geselskap vind hy in vriende wat so oud soos RSG is - 85 jaar. Schalk Bezuidenhout benader sy finansies soos hy rolbal benader – versigtig en berekend. Hy het vinnig agtergekom daar is reëls wat nagekom moet word soos in enige sportsoort, en dat die spel nie so eenvoudig is as om net ‘n bal te rol nie. Alhoewel hy baie van sy geld op sy honde spandeer, fokus hy ten alle tye daarop om slim te bestee, te begroot en te spaar - veral vir sy oudag....more51minPlay
August 16, 2022RSG Help 16 Augustus 2022RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (HUIS OASE, Centurion)...more10minPlay
August 10, 2022Kuns met kontant 10 Augustus 2022Hy verkies om in sy loopbaan te loop, en nie te hardloop nie. Hy benader sy geldsake op dieselfde manier....more24minPlay
August 09, 2022RSG Help 9 Augustus 2022RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Wamakersvallei Opleidingsentrum)...more13minPlay
August 05, 2022Eerste Vrydag: Sonja HeroldtElke eerste Vrydag van die maand is daar 'n legende in die Spitstyd-ateljee. Vandag is dit die sangeres, Sonja Heroldt....more41minPlay
August 03, 2022Kuns met kontant 3 Augustus 2022Francois van Coke het naam gemaak as die ikoniese voorsanger van die legendariese rockgroep Fokofpolisiekar. Op 8 April 2015 het Francois sy selfgetitelde debuutalbum bekendgestel met die vrystelling van die aangrypendste ballade van daardie jaar, Toe Vind Ek Jou, met Karen Zoid. Francois het R8000 gehad om by te dra tot die verfilming van ‘n musiekvideo van die liedjie, wat hy vir sy vrou geskryf het. Dit was 2016 se gewildste liedjie van die jaar op alle platforms: radio, televisie en digitaal. In 2021 het Francois in die bokskryt geklim om die oud-Springbok, Derick Hougaard, aan te vat vir die BoxOp-titel. Francois het ná ses aksiebelaaide rondes geseëvier. Henco Kruger hoor by hom hoe hy met geld omgaan....more35minPlay
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 1,007 episodes available.