Spitstyd

Spitstyd

Download on the App Store

Spitstyd episodes

  • Kuns met kontant 21 Desember 2022
    Hierdie aflewering van Kuns met Kontant is ‘n keurspel; ‘n allegaartjie van die beste wat nog nie gehoor is nie. Elke Woensdagiddag saai RSG tydens Spitstyd, weens tydbeperkings, net 12 minute van Henco se onderhoude uit. Die volledige onderhoude word as potgooi op RSG se webwerf beskikbaar gemaak, maar wat van die dele wat op die redigeerkamer se vloer beland? Ons het van die brokkies gaan optel en aanmekaar gevoeg vir ‘n Beste van-luisterervaring van die afgelope jaar se gunsteling gaste.
    13 min
  • Kuns met kontant 14 Desember 2022
    Die enkelsnit, Sonder Liefde, gaan oor hoe liefde al is wat oorbly in die moeilike tye waarin ons vandag leef, en dat dit die gee en neem daarvan is wat ons staande hou. Dieselfde boodskap, dat niemand sonder liefde kan klaarkom nie, maar ook dat niemand sonder geld kan klaarkom nie, word in hierdie onderhoud met die sangeres Andriëtte vasgevang. Sy het die musiekmark in 2007 betree nadat sy as naaswenner aangewys is van die Suid-Afrikaanse weergawe van die musiekprogram, Idols. Sewe suksesvolle albums het gevolg, waaronder Wat Rym Met Liefde, wat ’n toekenning gewen het in 2014 vir Beste vroulike kontemporêre album. Sy was sy ook al deel van die grootste musiekkonserte in die land, waaronder Huisgenoot Skouspel en Krone. Dié 36-jarige Kapenaar, gebore en getoë in Brackenfell, woon tans in Durbanville saam met haar man en drie seuns, waar sy haar huis vir Henco oopgestel het tydens sy onlangse besoek aan die Kaap.
    13 min
  • Kuns met kontant 7 Desember 2022
    Daar was die TV-reekse, Die Nataniël Tafel, Edik van Nantes en nou Nataniël, Erik, Wolf. Weekliks nooi Nataniël en sy broer, Erik le Roux, ons uit om saam met hulle 'n kosreis na Nantes in Frankryk te onderneem. Henco en Erik kon onlangs nie uitgekuier raak nie oor Erik se lewe in Frankryk, en hulle het dit goed gedink om hulle kuier hier voort te sit. Verlede week tydens die eerste aflewering van hierdie onderhoud was luisteraars so beïndruk met Henco se Frans én met Erik se doen en late met geld in Frankryk dat daar op groot aanvraag vir ‘n tweede aflewering was.
    12 min
  • RSG Help 6 Desember 2022
    RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Hoër Tegniese Skool Pretoria Tuine Gimnasium en Sopkombuis)
    12 min
  • Kuns met kontant 30 November 2022
    Daar was die TV-reekse, Die Nataniël Tafel, Edik van Nantes en nou Nataniël, Erik, Wolf. Weekliks nooi Nataniël en sy broer, Erik le Roux, ons uit om saam met hulle 'n kosreis na Nantes in Frankryk te onderneem. Henco en Erik kon onlangs nie uitgekuier raak nie oor Erik se lewe in Frankryk, en hulle het dit goed gedink om hulle kuier hier voort te sit. Kom kuier saam met hulle, en hoor of die Franse taalklasse wat Henco ter voorbereiding van hierdie onderhoud gedoen het, die moeite werd was.
    13 min
  • Kuns met kontant 23 November 2022
    Sanger en liedjieskrywer Juan Boucher is ’n gevestigde naam met meer as agt goue- en platinumverkoper albums, talle radiotreffers en verskeie musiektoekennings op sy kerfstok. Hy is ook die trotse eienaar van die kleremaatskappy, Bouch Clothing, en die skrywer van die boek, Die stories agter my potlood. Hy en sy vrou het onlangs ’n stuk grond in St. Helenabaai aan die Weskus gekoop, waar hy ’n restaurant wil oopmaak. Juan is tans een van die grootste name in die Afrikaanse musiekbedryf en met sy splinternuwe enkelsnit, Dogter, bewys hy weer hoekom hy al soveel sukses as musikant bereik het. Hy vertel hoe pa-wees sy denkwyse oor finansies verander het.
    12 min

About Spitstyd

From the publisher's feed

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!