Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!... more
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 1,007 episodes available.
November 30, 2022Kuns met kontant 30 November 2022Daar was die TV-reekse, Die Nataniël Tafel, Edik van Nantes en nou Nataniël, Erik, Wolf. Weekliks nooi Nataniël en sy broer, Erik le Roux, ons uit om saam met hulle 'n kosreis na Nantes in Frankryk te onderneem. Henco en Erik kon onlangs nie uitgekuier raak nie oor Erik se lewe in Frankryk, en hulle het dit goed gedink om hulle kuier hier voort te sit. Kom kuier saam met hulle, en hoor of die Franse taalklasse wat Henco ter voorbereiding van hierdie onderhoud gedoen het, die moeite werd was....more13minPlay
November 29, 2022RSG Help 29 November 2022RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Henri Warnich Stigting)...more12minPlay
November 23, 2022Kuns met kontant 23 November 2022Sanger en liedjieskrywer Juan Boucher is ’n gevestigde naam met meer as agt goue- en platinumverkoper albums, talle radiotreffers en verskeie musiektoekennings op sy kerfstok. Hy is ook die trotse eienaar van die kleremaatskappy, Bouch Clothing, en die skrywer van die boek, Die stories agter my potlood. Hy en sy vrou het onlangs ’n stuk grond in St. Helenabaai aan die Weskus gekoop, waar hy ’n restaurant wil oopmaak. Juan is tans een van die grootste name in die Afrikaanse musiekbedryf en met sy splinternuwe enkelsnit, Dogter, bewys hy weer hoekom hy al soveel sukses as musikant bereik het. Hy vertel hoe pa-wees sy denkwyse oor finansies verander het....more12minPlay
November 22, 2022RSG Help 22 November 2022RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Capuchin and exotic Animal Safe Haven)...more13minPlay
November 16, 2022Kuns met kontant 16 November 2022Sy en Henco deel ‘n liefde vir Bloemfontein en sy mense. Ná haar grootword- en studentejare daar het sy tussen Osaka (Japan) en Bloemfontein gewoon. Deesdae woon Caroline-Grace Brüssow en haar man, Heinrich, in George. The Voice SA was haar groot deurbraak tot die musiekmark, wat onder andere daartoe gelei het dat sy al op meer as een geleentheid voor ‘n stampvol stadion die volkslied gesing het. Henco en Caroline-Grace kuier saam oor ‘n boks wyn (soos haar mees onlangse trefferliedjie getiteld Bokswyn). Kom kuier saam met hulle....more12minPlay
November 15, 2022RSG Help 15 November 2022RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (SANPARKE Ereveldwagters)...more13minPlay
November 09, 2022Kuns met kontant 9 November 2022Sy is ‘n TV-aanbieder, stylikoon en model. Minki van der Westhuizen kuier op Kuns Met Kontant. Soos ons destyds gesien het toe sy aanbieder van Boer Soek ‘n Vrou was, dra Minki haar hart op haar mou, en in hierdie openhartige onderhoud gesels sy oor haar finansies binne én buite die modelwêreld....more12minPlay
November 08, 2022RSG Help 8 November 2022RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Cart Horse Protection Association)...more12minPlay
November 04, 2022Eerste Vrydag: Carike KeuzenkampElke eerste Vrydag van die maand is daar 'n legende in die Spitstyd-ateljee. Vandag is dit die sanger, Carike Keuzenkamp....more38minPlay
November 02, 2022Kuns met kontant 2 November 2022Die afgelope paar jaar was daar ‘n ontploffing in Afrikaanse lof-en aanbiddingsmusiek. Aan die voortou hiervan staan Retief Burger. Met die vrystelling van sy album, Luidkeels, in 2005, het dié album die grense in Afrikaanse lof en aanbidding verskuif. Hierdie gospelsanger het harte verower, en van hom ‘n bekende naam in die musiekbedryf gemaak. Dit het die pad vir hom gebaan om die evangelie te verkondig. Sy album, Oorwin, is uitgereik ’n dag voor Covid-19 se streng inperkings die wêreld tot stilstand geruk het. Min het hy besef hoe baie die album, wat oorwegend spreek tot mense se vrees vir die dood, sou beteken in die volgende twee jaar waar daar so baie sterftes was a.g.v. die virus....more34minPlay
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 1,007 episodes available.