Spitstyd

Spitstyd

Download on the App Store

Spitstyd episodes

  • Kuns met kontant 28 Junie 2023

    Henco met ‘n c kuier by die voorsanger van Die Heuwels Fantasties, Pierre Greeff. Hulle sit by Pierre se huis en kyk saam uit oor die heuwels in Durbanville vanwaar die naam van dié groep sy oorsprong kry. Pierre praat openhartig oor waar hy homself al teleurgestel het en waar besigheidsidees en ander planne met geld hom al teleurgestel het – net soos Die Heuwels Fantasties trefferliedjie, JY STEL MY TELEUR. Pierre vertel ook hoe hy sy vennootskap in die suksesvolle musiekfeeste, Liefde By Die Dam, en sy platemaatskappy, Supra Familias, suksesvol bestuur.

    29 min
  • Kuns met kontant 21 Junie 2023
    Deel 2: Met ‘n loopbaan wat strek van 1988 af, het hierdie mystic boer al al die kante van die lewe gesien. Valiant Swart se nuwe album is onlangs vrygestel, en al is hy baie bekend vir sy rock, country en blues, voeg hy nou nuwe liedere tot sy repertoire wat steeds tuis sal wees op die langpad, in die veld en om ’n kampvuur. Valiant en Henco met ‘n c hou informeel konsert in die veld by Fort Klapperkop in Pretoria. Die inspirasie vir Valiant se musiek is jare se waarneming van mense en plekke. Hy deel sy waarneming van geld op hierdie koppie in Pretoria terwyl hulle uitkyk oor die stad.
    27 min
  • Kuns met kontant 14 Junie 2023
    Met ‘n loopbaan wat strek van 1988 af, het hierdie mystic boer al al die kante van die lewe gesien. Valiant Swart se nuwe album is onlangs vrygestel, en al is hy baie bekend vir sy rock, country en blues, voeg hy nou nuwe liedere tot sy repertoire wat steeds tuis sal wees op die langpad, in die veld en om ’n kampvuur. Valiant en Henco met ‘n c hou informeel konsert in die veld by Fort Klapperkop in Pretoria. Die inspirasie vir Valiant se musiek is jare se waarneming van mense en plekke. Hy deel sy waarneming van geld op hierdie koppie in Pretoria terwyl hulle uitkyk oor die stad.
    14 min
  • RSG Help 13 Junie 2023
    RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (SAVF Silwerdae, Waterval Boven)
    11 min
  • RSG Help 6 Junie 2023
    RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Grace House Opheffingsentrum, Krugersdorp)
    11 min
  • Kuns met kontant 31 Mei 2023
    Die akteur en musikant Neil Sandilands se splinternuwe musiekalbum het pas die lig gesien. Hy is nie net ‘n bekwame internasionale akteur nie, maar ook ‘n uitmuntende musikant. Henco Kruger en Neil sou mekaar onlangs by Neil se woning in Onrus ontmoet het, maar hy moes hom na New York haas om aan ‘n Hollywoodrolprent te gaan werk. Hulle kon steeds telefonies gesels, en in hierdie aflewering meng hulle soos altyd die twee wêrelde van vermaak en finansies om te hoor hoe Neil se pad met kuns en met kontant die afgelope 48 jaar gelyk het. Kom vind uit wat dit vir die kind van Randfontein beteken om vandag as grootmens sy gesig op al die groot advertensieborde in Times Square te sien. Op 48 is hy steeds bereid om geldlesse in die lewe te leer, en vind nou, nadat hy drie jaar gelede vir die eerste keer in sy lewe die musiekbedryf betree het, hoe om geld uit musiek te maak.
    41 min
  • RSG Help 30 Mei 2023
    RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Mossie Sorgsentrum)
    11 min
  • Kuns met kontant 24 Mei 2023
    Hierdie Afrikaanse sanger se basstem is soos ligte donderweer - dis diep, maar vertroostend. Wynand Strydom en sy ewe talentvolle sangervrou, Chereé, vermaak reeds die afgelope 15 jaar gehore met hulle countryklanke. Wynand se jongste vrystelling, TERUG NA JOU, se openingsreël, Dis kwart voor 12 en die pad lê nog ver, skep ‘n beeld van ‘n lang en moeilike pad wat wag met die lewe se uitdagings, maar met die eindbestemming van só lang reis altyd die arms van jou geliefde. Wynand vertel openhartig van die uitdagings in sy en Chereé se lewe as egpaar wat voltyds in die Afrikaanse musiekbedryf staan, hulle huis wat afgebrand het, en wat dit verg om tussendeur optredes en lang toere op die pad suksesvolle restauranteurs in Langebaan te wees.
    20 min

About Spitstyd

From the publisher's feed

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!