Spitstyd

Spitstyd

Download on the App Store

Spitstyd episodes

  • Kuns met kontant 15 November 2023

    Hulle vra altyd: Het Picasso aan die kunsgalery gedink toe hy geskilder het?. Die bekende sanger en TV-aanbieder, Bouwer Bosch, sê ja. Volgens Bouwer was Picasso, soos hy, ’n sakeman, en al hoop hy altyd vir kommersiële sukses, bestuur hy sy verwagtinge want hy besef hy is 'n alternatiewe kunstenaar. Bouwer is vir baie mense herkenbaar as die hoofsanger van die groep, Straatligkinders, en akteur in Afrikaanse rolprente en TV-advertensies. Hy beskryf homself ook as entrepreneur, sukkelende akteur en vernuwer. Hy bestuur ook ’n produksiemaatskappy wat musiekvideo’s vervaardig. Bouwer se Youtube-kanaal is een van die 100 gewildste Suid-Afrikaanse kanale op dié webwerf. Hy is ook bekend vir sy liefdadigheidsorganisasie’ Liefde Wen. Bouwer se pa was ’n bouer. Hy was 16 toe sy pa sy werk verloor het, en hulle skielik sonder ’n huis was. Hulle moes noodgedwonge by ’n ander gesin gaan bly. Die oom by wie hulle gewoon het, het vir hom ’n kitaar gegee, waarop hy sy eerste liedjie geskryf het.

    31 min
  • Kuns met kontant 8 November 2023
    Sy lei haar beste lewe, want sy kies elke dag dankbaarheid. En omdat sy gekies het om haar seer te versorg, is die TV-ster Leandie du Randt gemaklik in haar vel. Sy het haarself gekoester op haar eie kronkelpad van seerkry, en gevra vir al die mooi dinge wat nou manifesteer in haar lewe. Sy gebruik ‘n visiebord om finansiële sukses te bereik, en vertel in hierdie openhartige onderhoud hoe sukses in jou lewe manifesteer wanneer jy dit neerskryf en visualiseer. Benewens finansiële sukses, glo sy vas dat as jy gesondheid het, is jy die rykste mens op aarde, want geen geld kan dit koop nie.
    29 min
  • Kuns met kontant 1 November 2023
    Hulle is ‘n Afrikaanse rockgroep van die Paarl. Hulle bestaan uit vier aandeelhouers van die maatskappy, Spoegwolf, wat hulle gestig het. Wanneer hulle op die verhoog musiek maak met voorsanger Danie Reënwolf, wat altyd kaalvoet en kaalbolyf sing en dans, kan mens jou amper nie indink wat ‘n welvarende maatkspappy so ‘n rockgroep kan wees nie. Die lede van Spoegwolf vertel hoe hulle die maatskappy bedryf, en wys die ligter kant van geld.
    11 min
  • Kuns met kontant 25 Oktober 2023
    In hierdie openhartige gesprek met die veelbekroonde aktrise en doyenne van die verhoog, Sandra Prinsloo, vertel sy hoe ons die pyn van die verlede moet erken, maar ook geleenthede moet raaksien. Sy gebruik die afgelope 50 jaar haar talent om ’n verskil te maak deur belangrike sake soos klasseverskille aan te spreek. Die karakter Tiemie in Siener in die Suburbs het vir Sandra gewys dat daar baie mense is wat letterlik en figuurlik anderkant die treinspoor woon as gevolg van finansies. In The Gods Must Be Crazy het die wêreldbekende Khoisan-man, Nxi, vir Sandra gewys dat aardse besittings en geld nie belangrik is nie.
    27 min
  • Kuns met kontant 18 Oktober 2023
    Deel 2: Reynardt Hugo sê agter sy glansbeeld as Binnelanders se dr. Tertius Jonker, en as oud-lid van van die sanggroep Adam, het daar jare lank probleme geskuil. Sewe jaar gelede het hy besluit om sy lewe om te keer. Hy het alles wat hom ongelukkig maak en gewoonlik die pad laat byster raak, by die agterdeur uitgegooi en by 'n psigiatriese kliniek aangeklop. Daar is bipolêre depressie en angsversteurig by hom gediagnosieer. Reynardt is nie meer skaam om oor sy pynlike jare te praat nie, en hy lig die sluier daaroor in hierdie gesprek. Al is daar vrese om die die mees intieme besonderhede van sy donkerste seisioen aan RSG-luisteraars bloot te lê, ervaar hy nie skaamte nie. Hy wil ander help om te ontsnap uit die wurggreep van finansiële probleme en verslawing. Hy moes van voor af vir homself lief raak, en tóé eers kon sy vrou Anna weer van voor af vir hóm lief raak. Dis asof die vorige Reynardt nie meer bestaan nie, en dis hoe hulle as getroude egpaar vandag met 'n seuntjie daaroor dink. Dis in die verlede, dis verby en hy is jare lank nie meer daardie mens nie.
    55 min

About Spitstyd

From the publisher's feed

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!