Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!... more
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 892 episodes available.
July 18, 2022Mandeladag 2022: Dr. Nellie Balfour, pediaterOudpresident Nelson Mandela het liefde en ondersteuning aan kinders regoor die wêreld gegee. Carla Mackenzie gesels met dr. Nellie Balfour, die eerste en jongste private pediater by die Nelson Mandela Kinderhospitaal in Parktown, Johannesburg. Sy het daardie vaandel met albei hande gegryp, en maak ‘n groot verskil by dié hospitaal....more6minPlay
July 13, 2022Kuns met kontant 13 Julie 2022Jare gelede het ‘n groot boom in sy swembad geval. Die boom het drie jaar lank in die swembad gelê. Net soos sy nuwe enkelsnit, Japie Greyling, die verhaal van swaarkry en dan weer opstaan uit ‘n diep gat vertel, inspireer Pieter Smith mens om nie in sak en as te gaan sit wanneer die lewe uitdagend raak nie. Sy treffersnit, Stukkie van der Merwe, het ook ‘n groot rol daarin gespeel. Tydens die inperking het hy besef hy moet na ander maniere soek om geld te verdien. Henco Kruger en Pieter kuier in sy binnenshuise braaikamer met kroeg, waar Pieter heelwat aanlynkonserte tydens die inperking gehou het....more33minPlay
July 12, 2022RSG Help 12 Julie 2022RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Tolbos)...more7minPlay
July 12, 2022Joe Strydom se liefde vir ou meubelsJoe Strydom is ‘n man wat sy storie ken as dit kom by die restourasie van meubels en ander oudhede in ‘n eg Franse styl. Terrance April het met hom in sy winkel in Albertville, Johannesburg, gesels....more12minPlay
July 06, 2022Kuns met kontant 6 Julie 2022Dit het vir hom oornag beroemdheid verwerf, maar 16 jaar later is sy naam dalk nie meer so sinoniem met die sangkompetisie, Idols, nie want vandag is hy ‘n gevestigde sanger, aanbieder en fotograaf. Hy geniet ook groot sukses met sy eie grimeerreeks en werkswinkels waar hy grimering-en haarwenke aanbied. Henco Kruger sê hy is nie ‘n geskikte kandidaat vir die grimering of die hare nie, maar Willem Botha verskil ten sterkste. Hy sê hy kan wondere verrig met min tot geen hare! In hierdie episode deel Willem Botha sy geldwenke....more13minPlay
July 05, 2022RSG Help 5 Julie 2022RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Bougainvillea Versorgingsentrum, Phalaborwa)...more11minPlay
July 01, 2022Eerste Vrydag: Magda van BiljonElke eerste Vrydag van die maand is daar 'n legende in die Spitstyd-ateljee. Vandag is dit die aktrise, Magda van Biljon....more56minPlay
June 29, 2022Kuns met kontant 29 Junie 2022'n Mens is vinnig om te dink dat ‘n in-die-oomblik sosiale media video tot Elandré se oornagsukses gelei het. Die werklikheid is dat toe daardie oomblik aanbreek, het hy reeds baie harde werk en ure ingesit en sy lewe lank daarvoor voorberei. Henco Kruger en Elandré praat geldsake. Volgens astrologie en waarsêery, voorspel ‘n gaping tussen jou voortande baie rykdom en welvaart. Die gaping tussen hulle voortande is een ding wat Henco en Elandré in gemeen het, maar wat Henco darem nie sal gee om ‘n bos hare soos Elandré met sy unieke bariton stem te hê nie! Kom luister en kyk na hoe hierdie superster, oorspronklik van Despatch, sy drome gaan haal het....more13minPlay
June 28, 2022RSG Help 28 Junie 2022RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Khanya Hospies)...more6minPlay
June 22, 2022Kuns met kontant 22 Junie 2022Budget smudget is ‘n term wat Henco Kruger by Anna Davel geleer het. In alle eerlikheid, wie in die lewe het ‘n begroting wat altyd klop? Anna Davel gesels oor klein genades soos om al jou skuld te kan delg. Sang en liedjieskryf is haar talente waarmee sy stories kan vertel, en sy kry dit altyd reg om met haar stories iemand êrens aan te raak. In hierdie episode vertel sy haar geldstorie....more12minPlay
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 892 episodes available.