Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!... more
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 1,008 episodes available.
January 27, 2022Kuns met kontant 27 Januarie 2022Henco Kruger sit sy gesprek met Lizz Meiring voort. Sterk of fiks is geen waarborg vir oorlewing nie, maar wel of 'n individu kan aanpas by veranderende omstandighede. 'n Suksesvolle kunstenaar sal dus nooit 'n slagoffer wees nie, sê Lizz. Die Covid-golwe het die kunsbedryf soos 'n tsunami getref. Lizz vertel watter uitwerking Covid op kunstefeeste gehad het en hoe versekeraars die klousule van force majeure interpreteer het kort na feeste se kanselasies. Op 'n positiewe noot vertel sy hoe jou generasie jou persepsie oor geld beïnvloed. Vroeër generasies het finansiële stabiliteit eerste gestel en persoonlike geluk laaste. Lizz deel wat haar ouers se siening van geld was. Hulle het haar geleer dat mens finansiële stabiliteit sál vind as jy doen wat jou gelukkig maak....more9minPlay
January 26, 2022RSG Help 26 Januarie 2022RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Insimbi Legacy Projects)...more11minPlay
January 25, 2022Tegnominuut 25 Januarie 2022Ettienne Ludick praat oor Action Audio wat by die Austaliese Ope gebruik word. Dit stel blinde mense in die stadion in staat op die spel te volg....more6minPlay
January 20, 2022Kuns met kontant 20 Januarie 2022“Celebrity is vir my ‘n aaklige woord - dit klink vir my eerder soos ‘n dronk slak of goedkoop handeroom.” Lizz Meiring is in 2020 in die Suid-Afrikaanse Legendes-museum as 'n lewende legende ingehuldig. Sy is ‘n raadslid van haar bedryf se enigste hulpfonds, die Teaterbystandfonds. Sy vertel vir Henco Kruger waarom sy nog nooit in ‘n sepie gespeel het nie, en waarom sy glo dat kunstenaars nie ‘n groot finansiële risiko vir finansiële instellings is nie. Volgens Lizz is finansiële beplanning belangrik, maar strategiese beplanning van jou loopbaan, en of jy geneties bedraad is vir jou beroep, is baie belangriker. “Moenie die kunstemense onderskat nie! Gee vir ons ‘n vadoek, ‘n stuk koerantpapier en ‘n glas water en ons sal daarmee vir jou iets magies skep. Ons is die kreatiewe skeppers en die planmakers!”...more12minPlay
January 19, 2022RSG Help 19 Januarie 2022RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Willow Creek Education Centre)...more11minPlay
January 18, 2022Tegnominuut 18 Januarie 2022Ettienne Ludick praat oor ‘n gholspeletjie en waarvoor jy op die uitkyk moet wees wanneer jy jou foon opgradeer....more6minPlay
January 13, 2022Kuns met kontant 13 Januarie 2022“Hierdie is nie Hollywood nie. Selfs Hollywood is nie Hollywood nie.” Heinz Winckler praat oor die harde realiteite van die vermaaklikheidsbedryf, en wat dit verg om ‘n volhoubare loopbaan in die bedryf te handhaaf. Kontrakreg en finansies loop hand aan hand. Heinz het dit op die harde manier geleer sedert hy Idols SA gewen het. Hy leer voornemende sangers as hulle vir ‘n lewe wil sing, moet hulle soos besigheidsmense dink....more12minPlay
January 12, 2022RSG Help 12 Januarie 2022RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Friends of Rescue Animals)...more12minPlay
January 11, 2022Tegnominuut 11 Januarie 2022Ettienne Ludick praat oor WEIGHT FIT, 'n slimfoontoepassing, wat jou help om jou gewigsverlies dop te hou....more4minPlay
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 1,008 episodes available.