Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Ons gesels met skrywers, deel interessanthede oor boeke en luister saam na boekvoorlesings. "Taaltoffie" word vervaardig deur Maroela Media.... more
FAQs about Taaltoffie:How many episodes does Taaltoffie have?The podcast currently has 223 episodes available.
July 10, 2020Annerle Barnard lees voor uit ‘Sindikaat’Vakansie is sinoniem met ure lange pret met die jongste rekenaarspeletjies en fietsry in die straat. Maar vir Paul, Adriaan en Karlien ontaard die vakansie in ʼn nagmerrie. Luister hier na ʼn boekvoorlesing van “Sindikaat” deur Annerle Barnard. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ʼn klankateljee opgeneem is nie, maar deur die skrywer self. Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more3minPlay
July 08, 2020Anel Heydenrych gesels oor karakters wat bly spook“Om eerlik te wees, ek was party aande ʼn bietjie bang,” vertel Anel Heydenrych, skrywer van die sielkundige riller “Die afloerder”. Maroela Media het tydens ʼn Zoom-onderhoud met Heydenrych gesels oor karakters wat haar op hol gejaag het, uitdagings tydens die skryfproses en stories wat haar inspireer. Koop · Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more15minPlay
July 03, 2020Boekvoorlesing: Stories uit 'n MammahartWat is dan lekkerder as om ʼn groot bak springmielies nader te trek en na opwindende kinderstories te luister? "Stories uit ʼn Mammahart" bied 12 unieke kinderstories wat jou en die kroos ure lank sal vermaak. Luister hier na “Sandra Slang en die orkes”. Dit is goedgunstig deur die skrywer verskaf. Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more5minPlay
July 01, 2020Boekvoorlesing: Iemand wat verdrink en ander verhaleHet jy al gewonder hoe ʼn mens met ʼn stert sal lyk? Luister hier na Fanie Viljoen se voorlesing van “Stert” om vas te stel. Die kortverhaal is geskik vir kinders 13 jaar en ouer. Dit word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ʼn klankateljee opgeneem is nie, maar deur die skrywer self. Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more5minPlay
June 22, 2020Boekvoorlesing: Gevleuelde bome“Lewies het gedink ons moet dit maak Swerm-Voëls-Vlieg-Met-ʼn-Boom-Weg-Fontein. Pa het ʼn ander naam gedink, en ek ook. Dis Ma wat gesê het die wilkers lyk te pragtig, ons noem dit Sewewilkerwerf." Dié week lees Johny Klein een van Tom Ackermann se kortverhale voor. Luister hier na “Gevleuelde bome”. Die voorlesing is in samewerking met Lapa Uitgewers moontlik gemaak Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more7minPlay
June 15, 2020Boekvoorlesing: BreinsJohny Klein is terug met nog ’n voorlesing. Skuif nader en luister saam na PG du Plessis se kortverhaal “Breins”. Die voorlesing is in samewerking met Lapa Uitgewers moontlik gemaak. Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more9minPlay
June 08, 2020Boekvoorlesing: Nog ’n eier te lê“Sommer van piepklein af was die kuiken anners. Jy kon dadelik sien sy’t ʼn houding. En as groot hen was dit nog so, en met reg, want sy was nie sommer hierjy se hoender nie.” Luister hier na Johny Klein se voorlesing van “Nog ʼn eier te lê” deur Tom Ackermann. Die voorlesing is in samewerking met Lapa Uitgewers moontlik gemaak. Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more8minPlay
June 05, 2020Selfpublikasie, hier is wat jy moet weetHet jy ʼn manuskrip wat in jou laai lê en stof opgaar? Wil jy graag die boek publiseer, maar weet nie waar om te begin nie? Dan moet jy hier luister. Izak de Vries gesels oor Paper Frog Publishing, ʼn uitgewery wat skrywers help om self hul boeke uit te gee. Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more26minPlay
June 03, 2020Boekvoorlesing: Monsterrugby“Breëkloof is bobaas! Breëkloof is tops! Breëkloof maak maalvleis van jou skool se tjops!” Het jy twee minute? Kry die kroos bymekaar en luister saam na Fanie Viljoen se voorlesing van "Monsterrugby". Dit is geskik vir kinders van nege jaar en ouer. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ʼn klankateljee opgeneem is nie, maar deur die skrywer self. Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more3minPlay
June 01, 2020Boekvoorlesing: Die groot dorsIn “Die groot dors” word twee oujongkêrel-broers, Soois en Frans, se stryd met hul dorstigheid vertel. Luister hier na Johny Klein se voorlesing van Fesia Engelbrecht se kortverhaal. Die voorlesing is in samewerking met Lapa Uitgewers moontlik gemaak. Facebook · Toetentaal op Maroela Media...more7minPlay
FAQs about Taaltoffie:How many episodes does Taaltoffie have?The podcast currently has 223 episodes available.