Oorweeg die volgende scenario: jy, of dalk jou klient, besit ‘n klein besigheid. Die tyd het aangebreek om dit te verkoop – dit mag dalk wees dat die besigheid ‘n groter struktuur nodig het vir voortgesette groei, ‘n geleentheid ditself voorgedoen het of bloot dat die eienaar nie meer kans sien om die besigheid te bedryf nie. Die verkoop sal waarskynlik KWB tot gevolg he. Die Agtste Bylae tot die Inkomstebelastingwet maak voorsiening vir ‘n uitsluiting. Wanneer sal die eienaar kwalifiseer hiervoor? In hierdie episode deel ek ‘n paar praktiese oorwegings wat ek teegekom het rakende die uitsluiting.
As jy terugvoer, voorstelle vir toekomstige episodes het of belastingadvies benodig, kontak my by [email protected].
Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waarde kan wees op my webwerf – https://tax.pvdz.co.za. Gaan kyk gerus!