Die Nkandla-bal is nou in die baan van die publiek en die regering. So sê die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, nadat sy gister verdoemende bevindinge bekendgemaak het oor opgraderings aan president Jacob Zuma se privaatwoning op Nkandla. Madonsela het onder meer bevind die Zuma-familie het persoonlik gebaat met miljoene rand deur die Nkandla-projek. Madonsela het vanoggend in die RSG ateljee gekuier. Suna Venter het begin deur die merkbaar uitgeputte Madonsela te vra of sy verlig is die verslag is nou in die ope.