Die saak teen Luitenant-kolonel Christene Anderson en luitenant-kolonel Stephan van Zyl vir hulle aandeel in die landing van die Gupta-familie se straler by Waterkloof, is teruggetrek. Die Direkteur van Militêre Vervolging het 'n saak teen hulle gemaak, omdat hulle toegelaat het dat die vliegtuig op 'n nasionale sleutelpunt land. Die saak sloer al sedert 2013. Die regsverteenwoordiger van Anderson en Van Zyl, Waldo Snyman van VZLR Prokureurs in Prertoria, wou nie veel meer sê as dat die saak teruggetrek is nie.