Die aantal lugskoue in Suid-Afrika het die afgelope paar jaar weggekwyn, met enkele klein skoue wat landwyd aangebied word. Die Suid-Afrikaanse Lugmagmuseum hou egter nog elke jaar hulle eie lugskou om die museum te bemark en 'n loopbaan in lugvaart onder die jongklomp aan te wakker. Eerskomende Saterdag sal sowat 120 vliegtuie in Gauteng by die Zwartkopslugmagbasis aan die lugskou deelneem. Om die geleentheid te bemark het twee helikopters vanoggend teen die Gautrein resies gejaag.