Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Wat gebeur wanneer ʼn gevestigde koerant op ʼn plattelandse dorpie skielik moet meeding met ʼn varser, jonger radiostasie wat elke keer die nuus eerste aan die gemeenskap bied? En as die koerantredakteur... more
FAQs about Briekaandraai:How many episodes does Briekaandraai have?The podcast currently has 120 episodes available.
July 31, 2020Briekaandraai - Episode 10Een van die mooiste herehuise op die dorp brand af. Plakkers het onlangs weer daar ingetrek. Elfra doen ʼn koerantstorie daaroor, maar vind meer uit as wat sy verwag het. Otto dryf haar om na nóg inligting te soek....more9minPlay
July 30, 2020Briekaandraai - Episode 9Wessel en Corlia gaan ry fiets teen Porseleinberg, maar hul rit word onverwags kortgeknip. Omdat Melissa nie die radiostasie in haar huis wil laat inrig nie, maak die twee ʼn ander plan. Maar ʼn groot skok wag op hulle....more9minPlay
July 28, 2020Briekaandraai - Episode 7Die rioolgemors in Porseleinberg se hoofstraat word opgeruim, maar teen ʼn prys. Elfra besoek Melissa en vertel haar hartseer nuus. Corlia daag op met ʼn onverwagse aanbod wat die geharde Melissa twee keer laat dink....more10minPlay
July 27, 2020Briekaandraai - Episode 6Slaptjip ruik ʼn onaardige stank in die hoofstraat en kom agter die dorp se rioolwerke is nie meer funksioneel nie. Hy besluit om iets daaraan te doen. Otto dreig om die storie op Windhond se voorblad te plaas. Dan sien hulle die nuwe joernalis/omroeper, Wessel Vorster, met ʼn bakkie vinnig verbyry – agterop is verdagte toerusting....more9minPlay
July 24, 2020Briekaandraai - Episode 5Elfra hoor by die gesiene sakevrou Melissa dat sy nie sal toelaat dat ʼn nuwe radiostasie geopen word nie. Maar sy ontdek ook dat daar tevore ʼn private radiostasie op die dorp was en dat al die toerusting steeds daar is en dus gebruik kan word....more9minPlay
July 23, 2020Briekaandraai - Episode 4Wessel probeer tannie Dottie van Kolwyntjie help om ʼn nuwe kragopwekker aan die werk te kry. Otto daag op en krap almal se lewens om, veral Wessel s’n met sy planne vir ʼn gemeenskapsradiostasie. Albei is hardekoppe en hulle stuur af op ʼn liederlike botsing....more8minPlay
July 22, 2020Briekaandraai - Episode 8Daar is konsternasie in Kolwyntjie, want die befoeterde redakteur Otto Marais se wegneemslaai is nie gereed nie. Wanneer hy opdaag, dreig hy boonop vir Dottie en Slaptjip met die gesondheidsowerhede… wat katastrofiese gevolge vir hulle kan hê....more9minPlay
July 22, 2020Briekaandraai - Episode 3Otto, die befoeterde redakteur van die plaaslike koerant Windhond, roep die adjunkredakteur, Elfra, na sy kantoor. Dit blyk dat hulle twee ʼn geskiedenis het. Dan vertel sy vir hom skokkende nuus....more9minPlay
July 21, 2020Briekaandraai - Episode 2Die joernalis Wessel soek blyplek op Porseleinberg en daag by die spog gastehuis Briekaandraai op. Met die eerste deurloop besluit hy dit is die regte plek vir sy nuwe radiostasie. Maar die eienares, Melissa, steek ʼn stokkie voor sy planne. Als is nie verlore nie, want hy ontmoet die pragtige Corlia....more9minPlay
July 20, 2020Briekaandraai - Episode 1Tannie Dottie van die tuisnywerheid Kolwyntjie op die plattelandse dorp Porseleinberg, se lewe word omgekeer wanneer die aantreklike jong Wessel daar opdaag. Hy soek na ʼn plek om sy nuwe radiostasie te vestig. Hy beloof om ʼn rewolusie op die rustige dorpie teweeg te bring wat almal gaan omkrap....more9minPlay
FAQs about Briekaandraai:How many episodes does Briekaandraai have?The podcast currently has 120 episodes available.