As jy na gister se episode geluister het sal jy dalk saamstem dat die groot vraagstukke rondom die omgewing, kweekhuisgasse, aardverwarming en beleid om dit teen te werk is interessant, maar dalk wil jy ook vra, hoe raak dit my huishouding of besigheid? Om netto-zero koolstofbesoedeling te hê teen 2050 klink nie of dit iets met my te doen het nie, maar eintlik raak dit ons almal indirek en oor die langtermyn.