As jy gereeld na my podsending luister sal jy weet ek is ten gunste van streng monetêre beleid en simpatiek met die uitdagings wat die Monetêre Beleidskomitee in die gesig staar – dit is moeilik om die neutrale rentekoers reg te kry en inflasie by die teiken te hou – so baie goed is buite hulle beheer. Maar vandag wil ek ʼn beroep op hulle doen om, soos mens in Engels sê, “bold”, te wees vir ekonomiese groei se onthalwe.