Hallo, Girlie

Hallo, Girlie

By Marunelle en JankeSociety & Culture
Download on the App Store

Hallo, Girlie episodes

  • S3 Ep4: Dieet dilemmas

    Hallo Girlies, in hierdie episode gesels ons oor die dilemma van dieëte & gewigsverlies metodes.

    Antonnette van Bridging the Gap gaan vir ons vertel wat in haar opinie regtig werk en wat net 'n foefie is. Ons gesels lekker oor die vreemdste dinge wat ons en ons vriendinne al gedoen het om gewig te probeer verloor en wat ons hoor ander mense probeer. Daarna bespreek ons hoekom mense so "obsessed" is met vinnige oplossings en beperkende diëte, insluitend Keto, Intermittent Fasting, Low Carb en ander “crazy diets” soos net eiers of Special K. Ons kyk ook na ander gewilde diëte soos Mediterreens, Paleo en Whole30, en gesels oor wat werk, wat nie werk nie, en hoe om ‘n gebalanseerde en volhoubare benadering tot gewigsverlies te handhaaf. Vir meer navrae pos gerus vir Antonnette: [email protected]

    www.bridgingthegapcoaching.org

    Volg haar op Instagram:

    @bridgingthegap_coaching

    Ander mentors om te volg:

    Dr Mark Hyman and Dr Josh Sax


    35 min
  • S3 Ep3: Rooi, Geel & Groen Robot (jou 3 lysies)

    In vandag se episode van Hallo, Girlie deel ek iets prakties uit die boek "True Love Dates" deur Debra Fileta – die Rooi, Geel & Groen “robot-teorie” vir jou liefdeslewe. Ons praat oor:

    1. Die rooi lysie wat jy NOOIT moet ignoreer nie 2. Die geel tekens waar jy versigtig moet wees 3. Die groen eienskappe wat jy rêrig in ’n maat soek


    Of jy nou single, date of verloof is – hierdie episode gaan jou help om duidelik en prakties oor jou standaarde te dink en te belê in iets meer volhoubaar en bekombaar vir jou en jou toekomstige lewensmaat.

    44 min
  • S3 Ep 2: Thirteen going on 30 & bietjie lewenslesse

    Hallo, Girlieee!


    Ek het 30 geword. Dit raak net beter!


    In hierdie episode deel ek: ’n GLOW-UP segment (dinge wat ek nou sonder skuldgevoel vir myself doen... van perms tot Invisalign!), Lewens-lesse uit die laaste 30 jaar van my lewe as ’n spontane, liefde-soekende, soms-oorweldigde, maar altyd hoopvolle girlie, hoe dit voel om nou in ’n gesonde verhouding te wees ná jare van mense met victim mentalities, selfsorg, sagtheid, grense, therapie en hoekom jy nie meer oor 4 ure se slaap moet brag nie, en natuurlik die belangrikheid van reis, community ens


    Hierdie episode is vir enige iemand wat hulself beter wil leer ken, wil groei, wil blom… en net wil weet: jy’s nie alleen nie.


    Luister nou op Spotify & Apple Podcasts.

    Volg ons op Instagram @HelloGirliePodcast en stuur ’n DM as jy relate!

    Nuwe episodes elke Dinsdag.

    36 min
  • S3 Ep 1: Terug op die lug & Die 1 -maand-reël

    Hallloooo, girlies!

    Na ’n lang break is ons amptelik terug! Die Hallo Girlie Podcast is weer in jou ore, en ons is sooo opgewonde vir hierdie nuwe seisoen.


    In vandag se dubbel episode vang ons op oor waar ons was (spoiler: life was lifing), hoekom ons hierdie platform begin het, en hoekom ons weer die mikrofone aangeskakel het. As jy nuut is – welcome back, Girlies! Hierdie is die platvorm waar ons die gesprekke voer wat jy dalk nie altyd iemand voor het nie… maar nou het jy vir ons!


    Kom ons gesels oor iets wat ELKE girlie moet hoor:

    Die Eenmaand-Reël.

    As jy vir vier weke met iemand chat, kuier, vibe en daar’s nog steeds geen planne, geen duidelikheid, geen moeite nie… dan is dit dalk nie ’n verhouding nie, dis ’n tydmors.


    As jy al ooit in ’n “wat is ons?” situasie was dan is hierdie episode is vir jou.


    Stuur vir ons ’n DM @hallo_girliePodcast as jy iets op die hart het of ’n onderwerp wil voorstel vir ’n volgende episode.


    33 min
  • S2 Ep 5: Saambly voor jy trou?
    Vir hierdie week se episode van die Hallo Girlie podcast, praat ons oor al die verskillende fases van "saam bly." Ons gaan gesels van jou gesin, na die oorgang in die koshuis, en later, die avontuur om 'n huis met jou vriende te deel. Ons kyk ook na die idee van saam woon voor jy trou, en wat om te doen as jou ouers nie saamstem dat jy en jou kêrel wil saamwoon nie. Plus, ons help een van ons luisteraars met haar dilemma! Moet nie die episode misloop nie.
    1 hr 6 min
  • S2 Ep4: Dis jou persoonlikheid

    Ons was bietjie flakey... Lewe gebeur en ons gaan meer betroubaar wees okay :) In hierdie episode gesels die girlies oor die verskillende persoonlikheidstipes en hoe dit ons lewe beïnvloed. Arina deel haar insigte oor die Enneagram persoonlikheidstoets en hoe jy jouself beter kan verstaan. Maar moenie bekommerd wees nie, ons maak die gesprek lekker met ‘n grappige draai: ons klassifiseer die ouens as tipes honde! 🎧🐶 Lekker luister en kom leer saam met ons!

    58 min
  • S2 Ep2: Wit Olifant... Geldsake in jou 20s
    S 2 Episode 2: In hierdie week se episode gesels ons met Reinhardt, 'n CIMA kerk in Kaapstad, wat sy passie vir beleggings en finansiële besluite met ons deel. Hy praat oor hoe belangrik dit is om finansies behoorlik te bestuur, selfs al klink dit dalk boring. Ons kyk na rooi vlae in verhouding spesifiek oor geld sake ,soos kompulsief koop en of jy en jou maat julle geld verstandig bestee. Ons bespreek die basiese beginsels van spaar, skuld, en hoe jy oor finansies met jou maat moet gesels. Goue les: jy gaan nie spyt wees as jy nou al begin spaar nie – dit begin met klein stappe! Reinhardt gee praktiese wenke soos hoe om lojaliteitsprogramme te gebruik en hoe jy in jou 20's jou geldsake moet reg kry... en wie weet, teen die einde van die jaar is ons dalk almal online traders!
    45 min
  • S2 Ep 1: Hallo, Girlies ons is terug
    In ons eerste episode van seisoen 2 is die Hallo, Girlie podcast terug! Ons bespreek alles van 'n lekker terugblik oor die jaar tot nou, en hoe ons opgewonde is oor die nuwe formaat en ander opwindend dinge! Hierdie week praat ons oor Valentyns dag, Galantines dag, en waarom dit so belangrik is om liefde aan jou geliefdes te wys. Ons gesels oor wat kerels en meisies vir Valentynsdag geskenke koop, en hoe sommige mense meer oorspronklik is as ander. Ook deel Janke haar ervaring van haar eerste Kersfees saam met haar kêrel. Ons lag lekker oor van al die snaakse WhatsApp-groepname waarop ons is, en deel 'n paar stories! En dan het ons ook 'n dilemma oor Valentynsdag - wat gebeur wanneer jou ou se prioriteite nie pas nie? Luister saam na lekker gesprekke en lekker lag & geniet jou Dinsdag!
    45 min
  • Ep 17: TTFN (TATA FOR NOW)

    In hierdie episode gesels die girlies oor die hoogte- en laagte punte van 2024 (for the plot!). Ons rangskik ook die beste dates, slegste dates, mooiste stories en snaaksste byname van 2024.

    Ons sluit af vir 2024 en sien julle volgende jaar vir 'n groter, beter en natuurlik chaotiese 2025.

    XOXO DIE GIRLIES

    44 min

About Hallo, Girlie

From the publisher's feed

Die lewe is maar gaos. Jare lange vriendinne Janke en Marunelle gesels oor die op en af van liefde, vriendskap en lewe. Luister weekliks oor ons stories, ander girlies se stories en lag lekker saam.