Ek gesels gereeld met weermag veterane, en wat ek die heel meeste oor hierdie besondere groep mense waardeer, is jul ‘Can Do attitude’.
No-can-do
En dan is dit tog vreemd hoe die meeste veterane, wanneer hulle van hierdie projek hoor – met soveel ‘NO CAN DO’ redes vorendag kom.
Generaal de Vries
In hierdie heel eerste episode gesels generaal Roland de Vries saam met sy vrou Henriëtte oor die waarde van skryf, soos hulle dit self ervaar.
Oer-oue beginsel
Dalk is jy self 'n 'No-Can-Do' voorstaander. En dalk kan hierdie veteraan-span jou vandag oortuig dat daar besondere waarde in hierdie oer-oue beginsel skuil.No Can Do redes:
- Maar Anné, ek is nie ‘n skrywer nie.
- Maar Anné, ek het nie tyd nie.
- Maar Anné, ek mag oor soveel wat gebeur het, nie skryfnie (ooreenkoms van geheimhouding)
- Maar Anné, as jy nie daar was nie, sal jy nie verstaannie.
- Maar Anné, dis net te veel moeite om alles teverduidellik.
- Maar Anné, die oorlog is mos verby, nou moet ons niedaaroor skryf of praat nie.
- Maar Anné, ek het te min om oor te skryf, ek het netmy opleiding gedoen.
- Maar Anné, ek het te veel om oor te skryf – een boekis te min.
Luister saam -> 'like' die reeks -> ja, jy kan!
https://www.samvo.international/samvoint-new/veteran-roland-de-vries-sd-sm-mmm