Grond speel 'n baie groot rol in ons elkeen se lewe en ons sien dit ook in die Bybel. Grond word baie as ‘n metafoor in die Bybel gebruik en in ons reeks gaan ons bietjie in die grond van ons menswees rondkrap, ‘n paar dinge omskoffel, kunsmis gooi, iets plant sodat ons ons grond (harte) kan voorberei vir Pinkster en wat God in hierdie Pinksterseisoen in ons lewe wil doen. Marius Malan het die reeks vir ons afgeskop en gesels oor Grondbreek. Daar is dinge wat ons in ons lewe kan inlaat wat ons harte kan verhard, wat ons groei kan verhoed. Ons moet die grond in ons lewe breek, sodat ons ruimte skep vir God om die goeie werk wat Hy in ons begin het, te kan voltooi.