
Sign up to save your podcasts
Or


Ons verstand is een van die mees ongetemde plekke. God wil juis jou verstand tem omrede dit soveel verwoesting kan bring as dit nie getem word nie. Jesus doen hierdie in en deur jou verhouding met Hom, waarin Hy jou goeie vrae vra, nuwe kennis gee, oefeninge inbou en deur aanspreelikheidsverhoudings.
Daar is baie dinge in die lewe wat na ons kant toe kom, maar in die proses moet ons ons hart beskerm. Die vyand wil ons hart aanval en vernietig. Dalk sit jy vandag met 'n gebroke hart, maar as jy Jesus in jou lewe toelaat, sal Hy jou hart genees en nuut maak.
Met ons nuwe reeks Ongetemde, gesels ons oor wie God werklik is en hoe dit lyk wanneer ons in 'n hegte verhouding met Hom leef. Wat die ware betekenis van om Geesvervuld te leef is en Hom lief te hê met ons hele hart, siel, krag, verstand en ons naaste soos onsself. Marius Malan het die reeks vir ons afgeskop en gesels oor Jesus as die Leeu en die Lam. Soms skep ons in ons gedagtes 'n idee van God en maak ons Jesus uit om hierdie sagte God te wees. Iemand wie ons soms kan bestuur en ons vergeet hoe almagtig Hy werklik is, dat Hy die Leeu van Juda is en dat Hy die dood oorwin het. Dit is belangrik om hierdie perspektief te onderhou wanneer ons in ‘n verhouding met Hom leef.
Elke dag maak ons keuses wat ons lewe vorm en in 'n rigting stuur. Sommige van
ons keuses is goed en ander weer minder goed. Ons glo dat as ons God se wysheid
in ons keuses begin toepas, sal ons 'n lewe leef wat tel en suksesvol is. Ek glo ons
keuses sal beter wees en ons sal die korrekte rigting vind waarna ons almal op soek is.
Marius Malan het die reeks vir ons voortgesit en met ons gesels oor wat ons, as kerk,
se rigting is,noudat ons ons 9de verjaarsdag kan vier.
Marius Malan het die reeks vir ons voortgesit en met ons gesels oor ”gaan” en dat daar
in 2021 vier maniere is wat God jou gaan vra om te gaan . Deur die jaar gaan Hy jou vra om te ondersoek, te luister, te offer en te volg. Deur te gaan, gaan God jou kragtig kan gebruik
om 'n verskil in Sy koninkryk te maak.
Elke dag maak ons keuses wat ons lewe vorm en in 'n rigting stuur. Sommige van ons keuses
is goed en ander weer minder goed. Ons glo dat as ons God se wysheid in ons keuses begin
toepas, sal ons 'n lewe leef wat tel en suksesvol is. Ek glo ons keuses sal beter wees en ons
sal die korrekte rigting vind waarna ons almal op soek is. Darius van der Schyf het die reeks
vir ons voortgesit en met ons gesels dat ons soms moet stop om rigting te kry. Hierdie wêreld
kan ons so besig hou dat ons die belangrike dinge kan mis. Soms is dit vir jou en my net nodig
om stop-oomblike in ons lewe in te bou en by Jesus se voete te sit, sodat Hy ons in die rigting
van Sy wil kan lei.
Elke dag maak ons keuses wat ons lewe vorm en in 'n rigting stuur. Sommige van
ons keuses is goed en ander weer minder goed. Ons glo dat as ons God se wysheid
in ons keuses begin toepas, sal ons 'n lewe leef wat tel en suksesvol is. Ek glo ons
keuses sal beter wees en ons sal die korrekte rigting vind waarna ons almal op soek is.
Darius van der Schyf het die reeks vir ons afgeskop en met ons gesels oor waar ons begin
om Goddelike rigting te verkry. Dit is waar ons begin, wat ons opstel om werklik God se
rigting vir ons lewe te vind. Is God deel daarvan?
Ons almal kan saamstem dat 2020 ’n moeilike en uitdagende jaar was. Jy het dalk jou werk verloor, ’n naasbestaande verloor, jou huwelik is op die rotse, ’n slegte gewoonte is aangeleer, of selfs jou verhouding met God is vernietig. Wat ookal jou seer in jou lewe, vandag kom God en Hy sê: ”Hier is Ek, kom na My toe, ek wil ’n verhouding met jou hê.” Pastoor Koos Jooste noem dat God jou ontmoet net waar jy is en dat die begin/aanpak van 2021 in die teenwoordigheid van God lê, nie by mense of aardse dinge nie, net by God. Wat is jou planne en verwagtinge vir 2021?
Is God deel daarvan?
Ons bevind onsself in daardie tyd van die jaar waar dit die einde van die ou jaar is en die begin van ’n nuwe jaar. Dit is ’n tussenin spasie waar alles van die vorige jaar klaar is, maar die nuwe jaar nog nie begin het nie. Hierdie is eintlik ’n baie goeie seisoen om jou eie lewe te evalueer en alles wat verby is vir God te gee en in Sy teenwoordigheid die nuwe jaar in te stap.
From the publisher's feed