Die wêreld het 'n perspektief oor hoe sukses lyk en hoe jy die kruin van die lewe bereik. Wanneer dit egter by die koninkryk van God kom, lyk daardie prentjie anders, want as kinders van God leef ons vir die koninkryk en lyk dit vir die wêreld of ons eintlik af en nie op in die lewe beweeg nie. Ware sukses in die lewe lê nie in die wêreld se perspektief oor sukses nie, maar eerder daarin om vir die koninkryk van God te leef. Af is dus die nuwe op. Darius van der Schyf het die reeks vir ons afgeskop en met ons gesels oor: Watter rigting kies jy? Daar is twee tipe mense op aarde: die wat leef vir die tydelike wêreld en die wat leef vir die ewige koninkryk van God. God begeer dat ons, onsself sal beywer vir die koninkryk en die wil van God. Dit is waar ware sukses lê.