Ons bevind onsself in 'n tydperk waar ons wêreld weekliks en selfs daagliks verander en almal 'n opinie, of iets te sê het. Dit raak maklik oorweldigend en laat ons op ‘n plek waar ons nie meer weet wat om te glo, of wat die waarheid is nie. Hierdie reeks is daarop gemik om jou in jou allerdaagse reis en persoonlike verhouding met Jesus, te help om by die waarheid uit te kom. Marius Malan het die reeks afgeskop en gesels oor: Wat kan ek glo oor of ek hemel toe gaan? Ek dink dit is 'n groot vraagstuk in baie mense se gedagtes en daar is baie redes hoekom ons hieroor wonder? Met hierdie vraag is daar ‘n mooi uitnodiging van Jesus om jou hart vir Hom te gee, want 'n persoonlike verhouding met Hom is die sleutel tot die antwoord.