Om hierdie vraag te beantwoord moet ons na die Skrif in Romeine 5:12-13 (NLV) gaan kyk: Toe Adam gesondig het, het sonde in die wêreld ingekom en deur Adam se sonde ook die dood. En so het die dood tot alle mense deurgedring, want almal het gesondig. Reeds voordat die wet gegee is, het mense gesondig, alhoewel sonde nog nie so spesifiek toegereken kan word as daar geen wet is nie. Deur hierdie vers kan mens duidelik sien dat sonde die dood in die wêreld gebring het. Gelukkig vir ons, met die koms van Jesus Christus en met God se oorvloedige genade van vryspraak, stel dit ons in staat om koninklik oor sonde en die dood te triomfeer (Romeine 5:17-19 NLV). Was die dood deel van God se plan? Gaan luister gerus die preek.