Louis ontmoet vir Nita in die geheim. Die flankering neem dadelik ‘n aanvang. Nita is nie lus vir ‘n ete nie, maar eerder ‘n gesellige tyd by Louis se woonstel met wyn en koffie. Nita deel haar gedagtes oor hulle geselligheid. Haar aansien vir Louis groei meer en meer, veral as hy vir haar klavier speel. Sy dink aan haar gesin, hoe die besluite wat sy neem hulle kan beïnvloed. Louis hou op speel en sê Nita moet huistoe gaan. Sy weier voor hy nie vir haar iets moois vertel nie. Sy verklaar haar onvoorwaardelike liefde aan hom.