Jan verras vir Thérèse met ‘n besoek voor ‘n afspraak met Wilma. Thérèse vra dadelik uit of hy en sy pa weer gepraat het. Jan vertel sy ma van al Louis senior se planne met die plaas, woonstel en huis. Hulle kom ooreen om algeheel na al die geldsake te kyk. Jan wil eintlik met Thérèse oor Louis se outeursregte praat. Thérèse deel haar wysheid oor die verhouding tussen Louis en Schalk de Villiers. Sy brei uit oor sy benadering tot sy loopbaan en die lewe in die algemeen. Jan vra Thérèse om agtergrond te gee oor die outeursregte sodat hy dit verder kan opneem met John. Louis weet egter nie van Jan se plan nie. Thérèse laat nie op haar wag nie, en skakel vir Schalk om ‘n afspraak te maak. Nita deel uiteindelik die nuus met haar ma dat sy saam met Ans in ‘n woonstel gaan intrek.