Thérèse en Schalk ontmoet op die kampus vir ete. Sy begin met ‘n draai uitvra oor boeke en TV. Schalk kom met die nuus uit dat Louis die regte op televisie en rolprente uit die kontrakte gehou het. Schalk deel ook mee hoekom Louis kwaad is vir hom. Die laaste manuskrip. Schalk maak dit duidelik dat die manuskrip deur geen uitgewer gepubliseer sou word nie. Hy beweer Louis moet hom dankbaar wees dat hy dit nie gepubliseer het nie. Wimpie en Roelf probeer uitpluis hoekom Nita die verlowing verbreek het. Joan vertel vir Fritz dat Nita saam met Ans in ‘n woonstel wil intrek. Fritz het ander planne.