Jan wil nie vir Louis sien nie. Wilma vra Jan uit oor sy reaksie teenoor Louis. Hy wil net sy familie beskerm, veral sy ma. Wilma hou vol dis nie wat hy dink dit is nie. Lewies kontak vir Louis junior oor Jan. Louis junior is salig onbewus van die gevoelens wat Jan koester teenoor Lewies, nietemin het Louis onderneem om Jan op te soek. Die twee broers ontmoet om oor Lewies te gesels. Louis moet Jan se gevoelens uit hom trek. Jan wil nie eintlik daaroor praat nie. Louis reik eerder uit na Wilma. Wilma laat blyk dat sy weet, maar sy wil dit nie bespreek nie. Sy pleit by Louis om niks vir Thérèse te sê nie. Wilma besluit op Louis se aanbeveling om met Lewies te gaan praat oor die troebel verhouding tussen hom en Jan. Louis sit twee en twee bymekaar en verstaan Jan se afleiding oor die koerante. Louis voel hy kan Wilma vertrou, en besluit om ook ‘n brokkie nuus met haar te deel.