Jan is aangeklam toe hy by sy pa aankom. Jan wil weet hoekom Louis teruggekom het. ‘n Ondervraging begin oor sy pa se onlangse gedrag. Jan voel hy moet opkom vir Thérèse, maar Louis voel dis nie nodig nie. Jan het geen reg om vir Louis te sê hoe hy sy lewe moet lei nie. Jan wens Louis iets onsmaaklik toe. Louis is nie seker hoe om op die twee gesprekke oor die aanname te reageer nie. Sy gedagtes draai vinnig na die draaiboek en ‘n stukkie uit Schumann se Fantasie-stukke, en meteens onthou hy vir wie hy dit gespeel het.