Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Regsake:How many episodes does Regsake have?The podcast currently has 638 episodes available.
September 12, 2022Regsake 12 September 2022Igna Klynsmith praat oor plakkers en die uitsetting van onregmatige huurders en okkupeerders, en of hulle vergoed behoort te word vir verbeteringe wat hulle aan ‘n eiendom aangebring het. Hy verduidelik ook hoe die in duplum-reël toegepas word m.b.t. uiteenlopende rente. Hy kyk ook na bewysregreëls en die maak of breek van ‘n sivielesaak. Volker Kruger vertel van testamenteweek....more25minPlay
September 05, 2022Regsake 5 September 2022Igna Klynsmith praat oor artikel 61 van die Wet op Verbruikersbeskerming. Hy bespreek ook ‘n onlangse saak teen die padongelukkefonds, waar die eiser selfdood gepleeg het twee-en-‘n-half jaar nadat hy in ‘n motorongeluk beseer is. Het die selfdood direk verband gehou met trauma wat deur die ongeluk veroorsaak is? Riëtte Oosthuizen verduidelik die verskillende soorte huweliksvoorwaarde-kontrakte is, en die huweliksbedelings in terme van die huwelikswet....more24minPlay
August 29, 2022Regsake 29 Augustus 2022Igna Klynsmith waarsku teen mense met blink besigheidsplanne wat onrealistiese hoë opbrengste beloof. Hy bespreek ook ‘n saak wat handel oor vrywarings en waarborge wat in ‘n koopkontrak behoort te wees indien jy ‘n maatskappy koop, veral wat skuldeisers betref. Igna bespreek ook ‘n luisteraarsbrief oor die bure se verwaarloosde kinders, en wat hom te doen staan. Est-Marie Callahan praat oor beplande nuwe wetgewing met betrekking tot onwettige oortreding....more23minPlay
August 22, 2022Regsake 22 Augustus 2022Igna Klynsmith bespreek ‘n geval waar ‘n komitee skielik by ‘n munisipaal-beheerde selfversorgingsoord vir bejaardes aangestel is, en ‘n baasspelerige inwoner homself boonop as voorsitter aangestel het. Igna deel ook inligting oor die outo-aanslag van die Ontvanger van Inkomste, en die implikasies daarvan indien jy fotos of inligting van kwaaddoeners in jou straat op sosiale media plaas. Dr. Llewelyn Curlewis verduidelik die basiese beginsels van Bewysreg....more26minPlay
August 15, 2022Regsake 15 Augustus 2022Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae oor hoe jy jou buurman kan verhoed om gedurig oor jou heining te hang; of jy verplig is om skuldeisers se oproepe en e-posse te beantwoord; en die implikasies van boedelbelasting indien ‘n afgestorwene aandele in ‘n maatskappy of beslote korporasie het. Volker Kruger praat oor die 1996 Wet op keuse oor die beëindiging van swangerskap en die 2000 Wet oor die Beheer van Vuurwapens....more25minPlay
August 08, 2022Regsake 8 Augustus 2020Igna Klynsmith fokus op die arbeidsreg. Hy bespreek onder meer ‘n saak oor ‘n werknemer wat geweier het om teen sy kollegas te getuig. Hy praat ook oor die nuwe kantoor van die regsdienste-ombud. Riëtte Oosthuizen verduidelik wat die gesinsgeweldwet behels....more25minPlay
August 01, 2022Regsake 1 Augustus 2022Igna Klynsmith praat oor genadedood en die regulering daarvan. Hy bespreek ook ‘n saak oor beweerde polisienalatigheid, en ‘n luisteraarsvraag oor telebemarkers en jou reg op privaatheid. Est-Mari Mclaghlan praat oor die jongste wet op kubermisdade....more20minPlay
July 25, 2022Regsake 25 Julie 2022Igna Klynsmith verduidelik wat omstadigheidsgetuienis is. Hy praat ook oor wie aanspreeklik is as daar iets met jou kind by ‘n dagsorgdsentrum sou gebeur. Dr. Llewelyn Curlewis verduidelik die verskil tussen meineed, regsverydeling en gemeentregtelike afknoop van misdade....more24minPlay
July 18, 2022Regsake 18 Julie 2022Igna Klynsmith bespreek ‘n saak oor agterstallige onderhoudsgeld, en die verhaling daarvan. Hy praat ook oor ‘n verkragtingsaak na aanleiding van ‘n beloofde kinderbruid in KwaZulu-Natal. Riëtte Oosthuizen verduidelik wat internasionale kinderontvoering binne die raamwerk van Suid-Afrikaanse familiereg behels....more25minPlay
July 11, 2022Regsake 11 Julie 2022Igna Klynsmith bespreek die uitleweringproses van die Gupta-broers, en ‘n saak oor ‘n werknemer wat sy werk bedank het, maar later sy bedanking wou terugtrek. Volker Kruger praat oor familietrusts, en of dit werklik jou bates teen skuldeiesers beskerm....more27minPlay
FAQs about Regsake:How many episodes does Regsake have?The podcast currently has 638 episodes available.