Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Regsake:How many episodes does Regsake have?The podcast currently has 638 episodes available.
November 17, 2014Regsake 17 November 2014Igna Klynsmith verduidelik watter dokumente nodig is om 'n boedel aan te meld vir bereddering. Hy antwoord ook 'n luisteraar se navraag oor hoekom die Griekwastad-tiener so 'n "ligte" vonnis gekry het, en bespreek 'n hofsaak waarin 'n regter kritiek uitspreek oor hoe die balju op sy relaas van betekening soms na mense verwys....more25minPlay
November 10, 2014Regsake 10 November 2014Igna Klynsmith vertel van 'n interessante hofsaak tussen BMW en Verimark oor motorpolitoer. Hy bespreek ook die gevare van handeldryf met 'n trust, eise vir skade opgedoen a.g.v. slagggate, en permanente aanhegtings by vaste eiendom....more27minPlay
November 03, 2014Regsake 3 November 2014Hoe word gelde betaalbaar aan SAMRO bereken vir musiek wat gespeel is? Wat is die vereistes om nuwe huurgeld te bereken as 'n huurkontrak verleng word? Kan hofstukke nog in Afrikaans ingedien word? Hoe gereeld moet begunstigdes op polisse hersien word?...more26minPlay
October 27, 2014Regsake 27 Oktober 2014Igna Klynsmith verduidelik die verskille tussen voorkeur- en gewone aandele, en bespreek wie aanspreeklik is vir skade veroorsaak deur 'n waterlek in 'n woonstelgebou. Hy verduidelik ook aan die hand van 'n hofsaak hoekom dit so belangrik in die strafreg is dat 'n beskuldigde die voordeel van die twyfel moet kry....more25minPlay
October 20, 2014Regsake 20 Oktober 2014Rina Gunter gesels oor die registrasie van handelsmerke, industriële modelle en outeursreg. Hoe beskerm jy jou outeursreg op 'n liedjie of gedig wat jy geskryf het?...more22minPlay
October 13, 2014Regsake 13 Oktober 2014Patenteprokureur Rina Gunter gee raad aan uitvinders oor hoe om die regte op jou patente te beskerm en geld daaruit te maak. Sy gesels ook oor bekende Suid-Afrikaanse uitvindsels waarop ons met reg trots kan wees....more28minPlay
October 06, 2014Regsake 6 Oktober 2014Igna Klynsmith gee raad oor wat om te doen as jy voel jy word seksueel by die werk geteister. Hy gesels ook oor probleme met vakansieklubs en tyddeelskemas, en verduidelik hoe werk skuldlose aanspreeklikheid ten opsigte van defektiewe produkte....more28minPlay
September 29, 2014Regsake 29 September 2014'n Patentprokureur, Rina Gunter, vertel waaraan 'n uitvindsel moet voldoen om as patent geregistreer te kan word en watter stappe 'n mens moet volg as jy iets as nuwe patent wil registreer....more25minPlay
September 22, 2014Regsake 22 September 2014As deel van Erfenismaand kyk Igna Klynsmith na die geskiedenis van Suid-Afrika se regstelsel en wat ons van ander regstelsels geërf het. Tot watter mate het die tradisonele reg ons regserfenis beïnvloed?...more26minPlay
September 15, 2014Regsake 15 September 2014Igna Klynsmith gee inligting oor testamenteweek van 15 tot 20 September. Hy bespreek ook die vertroulikheid van karakterverwysings deur werkgewers en die prosedure om trustees wat nie wil bedank nie, te vervang. Hy verduidelik ook hoe die publiek se geld in 'n prokureur se trustrekening beskerm word, en wys op die risiko om die verkoper van vaste eiendom voor registrasie te betaal....more26minPlay
FAQs about Regsake:How many episodes does Regsake have?The podcast currently has 638 episodes available.