Die president van Oekraïne, Wolodimir Zelenski, ontken gerugte dat hy nie in die land is nie. Op eie bodem maak Afriforum skokonthullings oor plaasmoordtendense en die vervolging van oortreders. Na aanleiding van die derde staatskapingsverslag, sê die DA die ANC is 'n misdaadsindikaat. Ons vra of Suid-Afrika op die herstelkoers is, na aanleiding van die afgelope tyd se lae aantal Ccovid-19-gevalle en -sterftes. Die DA sê die regering stuur die verkeerde boodskap aan stropers deur permitte uit te reik vir die jag van swartrenosters en luiperds.