Die nasionale kommisaris van polisie, Kehla Sithole, sê hy het nie met die leier van die EFF saamgesweer om die minister van polisie, Bheki Cele, uit sy pos te verwyder nie. Suid-Afrikaners kan veel meer as net brandstoftekorte ervaar as Shell en BP sy raffinadirye aan die einde van die maand sluit. Kaapstad het tenders uitgereik om minstens 300 Megawatt se hernubare energie te bekom. Oudpresident Jacob Zuma se aansoek om advokaat Billy Downer as staatsaanklaer in sy korrupsieverhoor te onttrek, is van die hand gewys. Ons hou jou op hoogte van die haatspraaksaak tussen die EFF en Afriforum. Inwoners van die Noord-kaap is keelvol vir kabeldiefstal.