Die land se swak waterinfrastruktuur kom onder die vergrootglas, en die nasionale departement van waterwese en sanitasie reageer op die waterprobleme in die Vaalrivier. Die DA in Kimberley sê daar is vooruitgang met hulle waterprobleme, en die Menseregtekommissie ondersoek rioolstorting in damme en riviere in Pretoria. Rolspelers in die onderwysbedryf is verheug dat onderwysers van April af ingeënt sal kan word. Die EFF-leier, Julius Malema, eis streng optrede deur die Appèlhof in Bloemfontein teen 'n voormalige EFF-LP. Ons ondersoek voortslepende ontwrigtings in die Wes-Kaapse polisiegeledere.