Dokters is woedend oor SAHPRA se regulasies oor die menslike gebruik van Ivermektien, maar die reguleringsowerheid verdedig sy besluit. Ons hoor wat by die Zondo-kommissie gebeur. Die Boer-teater weier om die handoek in te gooi weens inperkingsregulasies. Die metaalwerkersunie, Numsa, en die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Kajuitpersoneel, SACCA, se dringende aansoek in die Arbeidshof teen SAL se nie-betaling van werkers, is tot Maandag uitgestel. Die land se eerste Covid-19-entstof is op pad. Ons praat hieroor met die hoofredakteur van die Bkekisisa Sentrum vir Gesondheidjoernalistiek.