Die wenkbroue lig steeds, en sosiale media is behoorlik aan die gons oor die gebed deur hoofregter Mogoeng Mogoeng, waartydens hy God gevra het om in te tree in die stryd teen die Covid19-pandemie, en om te verseker dat enige valse entstof vernietig sal word. 'n Oudregter waarsku intussen dat aanvegbare stellings deur regters, selfs tydens gebed, gevolge inhou. Gesondheidsdeskundiges waarsku verder dat die aantal Covid-19-gevalle in die land heel moontlik meer is as wat die statistiek wys. Op ‘n ligter noot: Hoe gemaak wanneer 28 robbe vassit in 'n droogdok?