Opposisiepartye sê hulle is teleurgesteld in die minister van finansies, Tito Mboweni, se mediumtermyn-begroting. Volgens hulle het hy sy beloftes verbreek om die land se skuldlas onder beheer te bring, en om nie weer 'n reddingsboei aan die SAL te gee nie. Die landbou-organisasies, AgriSA en TLUSA, reageer uiteenlopend oor die besluit om R10-miljard aan die Landbank beskikbaar te stel. Die nasionale polisiekommissaris, Kehla Sithole, sê korrupsie en misdadige elemente word stelselmatig in die polisiediens geïdentifiseer en uitgeroei.