Die Gemeenskap van die Bo-Kaap is woedend, en eis antwoorde, nadat ‘n jong vrou op YouTube beweer dat sy as kind verkrag is deur haar oupa en sy broer. ‘n Nuwe veldbrand het gisteraand uitgebreek in die Noord-Kaap tussen Boshoff en Kimberley, en een van die boere wat help om die stryd aan te pak, praat oor dié vreesaanjaende ervaring. Geweldsmisdaad is volgens die Instituut vir Rasseverhudinge besig om die sogenaamde "nuwe normaal" in Suid-Afrika te word, terwyl ProjekSA gestig word deur gemeenskappe uit verskeie sektore, om die probleme in die land die stryd aan te sê.