'n Ses-jarige meisie van Ballito in KwaZulu-Natal, sterk goed aan, nadat 'n Mosambiekse spoegkobra haar in haar bed gebyt het. Mikayla Grove se ouers was buite toe hulle haar hoor skreeu vanuit haar kamer. Toe haar ma, Inge by haar kom het sy gekla oor tandpyn, waarna sy die kobra 'n paar sentimeter van die bed gewaar het. Die slang het toe Inge in die oë gespoeg, maar sy kon dit met water uitwas. Johan Marais van die African Snake Bite Institute sê Mikayla was binne 15 minute by die hospitaal, waar sy onmiddellik behandeling ontvang het.