Vandag sal die Minister van Finansies,Malusi Gigaba sy eerste medium termyn begrotingsraamwerk beleidstoespraak lewer. Te midde van 'n sukkelende ekonomie plaaslik en wereldwyd, beleidsonsekerheid en staatskapingsondersoeke waarby Gigaba se naam betrek word, sal alle oë op die parlement wees vanmiddag. Die ontleders in die ateljee is, Dr Chris Harmse, hoof ekonoom van Rebalance Fonds bestuurders, Pietman Roos, AGRI SA Bestuurder Korporatiewe sake en voorheen beleidskonsultant by die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid en Lullu Krugel , hoof ekonoom van KPMG.