Die Suid-Afrikaanse Poskantoor sê stakende werkers kan noodgedwonge afgedank word, omdat 'n geldige stakingsertifikaat nog nie ontvang is nie. Die poskantoor se adminstrateur, Simo Lushaba, het ook in 'n mediaverklaring gesê dat daar reeds 'n ooreenkoms met die South African Postal Allied Workers Union en die Demokratiese Pos en Kommunikasiewerkersvakbond bereik is. Onderhandelinge met die Kommunikasie Werkersvakbond (CWU) het egter weer op 'n dooiepunt uitgeloop. Die president van die CWU, Clyde Mervin, sê hulle is oorbluf deur die poskantoor se arrogante optrede.