Die GOOD-party, Rise Mzansi en BOSA wil saamwerk om gefragmenteerde stemme te trek. 'n Nuwe raadgewende liggaam oor opvoedkundige beleid in skole aangekondig. 'n Suid-Afrikaanse langasem hardloop die vinnigste 100 kilometer ooit - maar daar is 'n vangplek.
Die Madlanga-kommissie wat die polisie ondersoek, stel sy eerste sitting uit. Die geskorste adjunk-polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, vra dat 'n volbank regters sy saak aanhoor. 'n 73-jarige vrou van Wupperthal in die Wes-Kaap, wat nog nooit toneel gespeel het nie, word benoem by die Silwerskermfees.
Dis vandag die sperdatum vir Suid-Afrikaners om te registreer om WVK-verwante sake op die nuwe kommissie van ondersoek se aandag te bring. Ons vra hoe veilig is fluitjieblasers in die proses? Brandbestryders poog steeds om 'n brand by Sabie onder beheer te bring. Olimpiese medaljewenners word bekroon by die SA Sporttoekennings.
Fluitjieblaser Babita Deokaran, wat vier jaar gelede vermoor is, se familie versoek dat die baasbrein vasgetrek word. Navorsers ontdek nuwe voordele in daggablare. Dokumentêre rolprentmakers se verantwoordelikheid teenoor die onderwerpe van hulle stories word by die Silwerskermfees bespreek.
Die DA eis dat die Minister van Verdeding se kop rol. Ons bespreek Israel se planne om nuwe vestings in die Wesoewer te bou en Gasastad te beset met 'n politieke ontleder. Die leier van die Vryheidsfront Plus vra dat lede van die RNE 'n dialoog hou.
Politieke partye kan nou groter skenkings van individue en instellings ontvang. Landdroste sleep die president hof toe oor loonverhogings. Suid-Afrika wil sy handelsbande met Japan versterk.
Die ANC gaan tugstappe doen teen Senzo Mchunu en Malusi Gigaba oor omstrede opmerkings teen die party. Die vierjarige meisie van Eldorado Park, wat deur haar pa aangerand is, word vandag begrawe. E-taxibestuurders beweer Gauteng se departement van vervoer lê onwettig beslag op hulle voertuie. Inwoners van Vryheid in KwaZulu-Natal is warm onder die krag oor 'n sogenaamde boorgattarief. Die Raad vir Onderwys-arbeidsverhoudinge het begin met 'n ondersoek om spookonderwysers te identifiseer.
Die borgaansoek van vyf beskuldigdes van Johannesburg wat na bewering 'n kind gedwing het om Mandrax te rook, neem 'n nuwe wending. Meer oor die ad hoc-komitee wat aangestel is om bewerings van bedreigings vir nasionale veiligheid te ondersoek, se vergadering in die Parlement. 'n Samevatting van Suid-Afrika se donker naweek van sport.
President Cyril Ramaphosa lewer die openingsrede by die Nasionale Konvensie in Pretoria, die voorloper van die beplande Nasionale Dialoog. Hernieude betogings dreig in Soweto ná die moord op 'n e-taxibestuurder - strydende partye blameer die bestuur van die Maponya Winkelsentrum. Die regering beklemtoon dat die president onbewus was van die hoof van die weermag se besoek aan Iran.
Die polisie is op soek na verdagtes in verband met die aanval op e-taxi-bestuurders in Soweto. Die weermaghoof, Rudzani Maphwanya, is in die sop oor sy uitlatings oor die verhouding tussen Iran en Suid-Afrika. Action SA sal slegs waarnemers stuur om die Nasionale Dialoog by te woon. OUTA wil die direkteur van die Johannesburg Eiendomsmaatskappy, Helen Botes, tot 'n misdadige direkteur laat verklaar.
49 min
About Spektrum
From the publisher's feed
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.