Kritiek teen die besluit om 'n student vyf jaar tronk toe te stuur nadat sy geld uitgegee het wat verkeerdelik deur NSFAS aan haar oorbetaal is. Die uittredende polisiekommissaris, Kehla Sithole, gooi wal oor die Julie-2021-onluste, veral wat die intelligensiediens betref. Op Corruption Wwatch se tiende verjaarsdag vra ons hoekom fluitjieblasers bestempel word as die hartklop in die stryd teen korrupsie. NUMSA waarsku dat sy lede in die bussektor gaan staak net voor Paasnaweek. ‘n Vermaning aan Suid-Afrika om nie die spot te dryf met Bafana-Bafana nie ná hulle 5-0 nederlaag teen Frankryk. Die Hubbleteleskoop ontdek die verste ster van aarde af.