Suid-Afrikaners is die josie in oor die voormalige minster van maatskaplike dienste, Bathabile Dlamini, se vals getuienis. Maar, wat is meineed? En hoe sal sy daarvoor gestraf kan word? Die newe-effekte van die Covid-19-inenting kry opnuut aandag. 'n Geskiedkundige vonds laat historici sprakeloos. Harde woorde val by die CITES-vergadering oor ivoorhandel. Die Suid-Afrikaanse Subtropiese Kwekersvereniging is bekommerd oor die toename in avokadodiefstal. Die voortslepende konflik in Oekraïne het selfs 'n impak op internasionale ruimteverhoudinge.