Die geskorste sekretarisgeneraal van die ANC, Ace Magashule, se korrupsieverhoor sal op 10 Junie aangehoor word. Hy sê dis 'n mors van tyd, terwyl kenners die gesloer van die saak kritiseer. In sy provinsiale rede, sê die Gautengse premier, David Makhura, die Covid-19-pandemie en die bestuur daarvan is 'n bewys dat geen krisis te groot is om aan te pak nie. Die minister van polisie, Bheki Cele, getuig weer oor die 2012-onluste. Van Woensdag af kan jy kies watter Covid-19-entstof jy wil hê, ongeag watter dosisse jy reeds ontvang het. Op 'n ligter noot: 'n hond in Kalifornië in die VSA is met haar mensfamilie herenig twaalf jaar nadat sy weggeraak het!