True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe

By JacPodTrue Crime
Download on the App Store

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe episodes

  • Die reeks moordenaar, Sipho Thwala
    Sipho Thwala het op ’n heuwel gesit en uitkyk oor die suiker riet plantasies, en probeer onthou waar die liggame is van die vroue wat hy reeds vermoor het. Thwala het een van Suid-Afrika se mees berugte reeks moordenaars geword en KwaZoeloe-Natal se lowerige groen suiker riet plantasies in 1996 en 1997 gebruik as sy eie slagveld. Hy het die polisie laat kopkrap, totdat dit aan die lig gekom het dat een vrou uit sy kloue ontsnap het en Thwala kon uitken ….. Webpage · Find more from JacPod
    34 min
  • Die moord op Gabriela Kabrins Alban
    Die poskaart mooi Kampsbaai in Kaapstad was in 2015 in die wêreld se soeklig toe ’n Amerikaanse toeris gru vermoor gekry is in een van die kamers van ’n luukse hotel.
    Gabriela Kabrins Alban en haar kêrel van Guatamala was in Suid-Afrika, waar hy behandeling gekry het vir sy dwelm verslawing. Die polisie ondersoek sou in eienaardige rigtings gaan van alternatiewe medisyne, hallusinerings en die moontlike betrokkenheid van ’n berugte internasionale bende. Dit als gemeng met miljarde rande se familie trust fondse ……. Webpage · Find more from JacPod
    43 min
  • Die moord op Isaac Miggels
    Die 8-jarige Isaac Miggels het uitgesien na ’n sorglose Desember vakansie op ’n plaas in die Wes-Kaap, maar min het hy sy ouers geweet watter dodelike gevaar vir hom wag. Miggels se ouers het hom plaas toe gestuur om by sy twee ouma’s te gaan kuier, juis omdat hulle nie wou hê hy die hele skool vakansie en Fees Seisoen in die gevaarlike strate van hulle buurt op die Kaapse vlakte moes spandeer nie.
    ’n Stryery met drie ander jong seuns op die plaas het egter gelei tot ‘n tragedie wat die familie se vakansie planne in ’n dodelik nagmerrie laat ontaard het... Webpage · Find more from JacPod
    25 min
  • Die Modimolle Monster
    Ina Bonnette het 2012 ingegaan met die hoop dat sy finaal van haar vervreemde man, Johan Kotzé, sou kon skei. Maar Kotze het ’n ander plan in sy kop gehad – hy wou Ina ’n les leer en seker maak haar grootste nagmerrie word bewaarheid. Wat Kotze daardie dag in Januarie in ’n Limpopose dorp aan Ina gedoen het, sou hom ontmasker as die Modimolle Monster.
    *Hierdie episode het ‘n addisionele waarskuwing vir luisteraars wat sensitief is vir inhoud oor geslags geweld en uiterste geweld teenoor vroue.* Webpage · Find more from JacPod
    1 hr 6 min
  • Die moord op Lucky Dube
    Lucky Dube was een van Suid-Afrika se mees gewilde en geliefde sangers toe hy in 2007 dood geskiet is bloot omdat hy in die verkeerde kar gery het op die verkeerde tyd en in die verkeerde Johannesburgse straat. Die 43-jarige Dube het gedoen wat ouers met tieners elke naweek doen – rondry om sy kinders te gaan op- en aflaai. Sy sinnelose moord het die land geskok en die wêreld se fokus geplaas op die verhoor van die bende motor kapers ..... Webpage · Find more from JacPod
    37 min
  • Die moord op Jayde Panayiotou
    Die oggend van 21 April 2015 was soos enige ander vir Jayde Panayiotou – sy het langs die straat gestaan en wag vir haar vriendin om haar te kom oplaai sodat hulle kon saamry werk toe. Maar binne vyf minute het Jayde spoorloos verdwyn voor die ingang na die kompleks waar sy en haar man gebly het. Min het haar familie en die land geweet dat die man naaste aan Jayde die een sou wees wat haar moord gereël het. Dié episode vertel die ware web van leuens wat aan die lig gekom het toe Christopher Panayiotou vir sy vrou se moord aangekla is ….. Webpage · Find more from JacPod
    1 hr 11 min
  • Die Stander Bende, vertel met Joe Black
    Die eerste episode van True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe se Seisoen 3 vertel die verhaal van die Stander Bende en die polisie beampte wat in die 1980s sy vrye tyd gebruik het deur banke te beroof. Die legende van André Stander en sy bende het die hele land – en later selfs tot in Amerika – mense se verbeelding vas gevang. Dis ’n storie waarmee gewilde Afrikaanse sanger, Joe Black, ook in sy huis groot geword het omdat albei sy ouers aan die voorpunt was van misdaad bekamping. In hierdie spesiale episode, leen Joe sy stem om dié ware misdaad verhaal te vertel….. Webpage · Find more from JacPod
    32 min
  • Seisoen 3 skop af met ’n spesiale episode
    Die nuwe seisoen van dié bekroonde podgooi is terug met weeklikse episodes oor van die land se mees berugte misdaad intriges.
    Seisoen 3 skop af met ’n spesiale episode waarin bekende sanger Jo Black, help vertel aan die storie oor die Stander Bende.
    Die ander ware misdaad verhale strek van die Wes-Kaap tot in Modimolle in Limpopo.
    Luister weekliks van 11 Maart 2025! Webpage · Find more from JacPod
    1 min
  • Vrou, Ma, Reeksmoordenaar – Daisy de Melker
    Daisy de Melker was Suid-Afrika se eerste ooit vroue reeks moordenaar. Sy het in die 1920s opspraak gemaak as die vrou wat twee van haar mans en haar eie seun vergiftig het in ‘n tyd toe niemand durf dink het dat ‘n vrou sulke moorde sou kon pleeg nie. Dié episode vertel Daisy se lewens verhaal, hoe dit gekom het dat sy soveel van gif geweet het en wat sy met dié kennis sou doen …… Webpage · Find more from JacPod
    25 min
  • Die dwelm duiwel op die skip se dek
    In Maart 2021, is een van die grootste dwelm slagte in die land geslaan tydens ‘n klopjag op ‘n skip in Saldanhabaai hawe. Aanboord die Windward, het die polisie nie net afgekom op meer as R500 miljoen se pure kokaïene nie, maar het ook ‘n internasionale misdaad groep se dwelm roete oopgekrap. Dié episode vertel oor die saak wat ontvou het van mense handel, dwelm handel en die luukse lewens van ‘n groep buitelanders. Webpage · Find more from JacPod
    35 min

About True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe

From the publisher's feed

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe vertel die ware intrigues agter van Suid-Afrika se mees berugte en skokkende misdade ooit. In dié veel bekroonde potgooi, vertel Jacaranda FM se Gerda de Sousa die stories agter ware misdaad verhale regoor die land.

More shows like True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe

Casefile True Crime by Casefile Presents

Casefile True Crime

37,604 Listeners

Cold Case Files by A&E / PodcastOne

Cold Case Files

8,650 Listeners

Crime Junkie by Audiochuck

Crime Junkie

369,640 Listeners

Profiler: True Crime Africa by plotshift.co.za

Profiler: True Crime Africa

30 Listeners

True Crime South Africa by Killer Audio Creations

True Crime South Africa

170 Listeners

True Crime South Africa by Killer Audio Creations

True Crime South Africa

26 Listeners

Huisgenoot - Agter die storie by Media24 Leefstyl

Huisgenoot - Agter die storie

0 Listeners

Park Predators by Audiochuck

Park Predators

18,043 Listeners

Serialously with Annie Elise by Annie Elise

Serialously with Annie Elise

10,415 Listeners

MrBallen Podcast: Strange, Dark & Mysterious Stories by Ballen Studios

MrBallen Podcast: Strange, Dark & Mysterious Stories

29,251 Listeners

Murder, Mystery & Makeup by Audioboom Studios

Murder, Mystery & Makeup

8,948 Listeners

Real Survival Stories by NOISER

Real Survival Stories

1,344 Listeners

Wat sê die Tannies by Afrikaans.Radio

Wat sê die Tannies

6 Listeners

Huisgenoot Ware Lewensdramas by Huisgenoot

Huisgenoot Ware Lewensdramas

3 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners