True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe

By JacPodTrue Crime
Download on the App Store

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe episodes

  • Die Wemmer Pan reeks moordenaar
    Cedric Maake het op sy eie vir ‘n jaar lank ‘n terreur van verskrikking regoor verskeie buurte van Johannesburg gesaai. Hy het sy slagoffers in 1997 met ‘n hamer toe getakel, geskiet, verkrag en beroof, maar dit was sy reeks moorde by Wemmer Pan wat tot sy uiteindelike inhegtenis neming gelei het. Episode 6 vertel die storie oor een van die mees berugte reeks moordenaars in die land se geskiedenis. Webpage · Find more from JacPod
    43 min
  • Die Suid-Afrikaanse dokter wat die perfekte moord in Nieu-Seeland wou gaan pleeg
    Toe Colin Bouwer sy vrou en twee kinders in 1997 oppak en Nieu-Seeland toe trek, het niemand daaroor gewonder nie. Colin was ‘n uiters bekwame psigiater wat ‘n invloedryke pos aangebied is en saam met sy gesin op die heuwels bo ‘n skilderagtige strand gebly het. Maar wat niemand kon sien kom nie, was Colin se plan om sy vrou stelselmatige te vergiftig. Episode 5 vertel die storie oor die hoogste verraad, toe Annette Bouwer deur haar man vermoor is … Webpage · Find more from JacPod
    42 min
  • Die preker wat moord as kollekte geëis het
    Die skilderagtige Suid-Kaapse Tuinroete is in 2021 geskok gelaat toe ‘n gewilde preker tronk toe gestuur is vir die moord op een van sy gemeentelede. Wat in die hof aan die lig gekom het, was nie net hoe Hlompho Koloi vermoor is nie, maar die lewens polisse wat die man bekend as Pastoor Mongo - ook in die naam van ander gemeente lede uitgeneem het. Episode vier van dié reeks vertel van die hartseer wat die preker en sy vrou onder ‘n hele kerk gemeenskap gesaai het … Webpage · Find more from JacPod
    43 min
  • Die Springs Huis van Gruwels
    Op ‘n kouerige aand in Mei 2014, klim ‘n tingerige seun met net ‘n kortbroek aan oor die muur om hulp te soek by die bure. Sy hulpkreet het daartoe gelei dat die owerhede die deure oop kon gooi van ‘n huis waar gruwel dade in Springs ontbloot is. Die derde episode van dié reeks vertel die storie oor een van die mees skokkende gevalle van kinder mishandeling om ooit in Suid-Afrika oopgevlek te word.

    Hierdie episode oor die ware misdaad verhaal van die Springs Huis van Gruwels kom met ‘n addisionele waarskuwing vir luisteraars wat sensitief is vir inhoud oor kinder mishandeling, seksuele mishandeling en kinder verwaarlosing. Webpage · Find more from JacPod
    50 min
  • Die moord wat Pofadder soos ‘n slang kom pik het
    Inwoners van die klein Noord-Kaapse dorpie van Pofadder is in 2020 tot stilstand geskok toe een van hulle spog seuns vermoor is. Asof die ontdekking van Leon Brits se liggaam in sy swembad nie erg genoeg was nie, het die onthulling van die meesterbrein agter die moord, die gemeenskap in ongeloof gelaat. Webpage · Find more from JacPod
    51 min
  • Die terreur tog en Houdini verhaal van Ananias Mathe
    Seisoen 2 skop af met die storie van ‘n man wat Suid-Afrikaners wou laat glo dat petroleum jellie hom sou help om uit een van die mees beveiligde tronke in die land te ontsnap. Ananias Mathe was regoor die land berug vir sy kul-jou-hier-kul-jou-daar verhaal. Maar syne was meer van ‘n veldtog van terreurl as ‘n onskuldige tower kunsie – en sy dramatiese ontsnapping bly steeds ‘n misdaad raaisel.

    ___________________________________________________________________________________________
    'True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe' is gebasseer op die 'True Crime South Africa' podgooi reeks deur Nicole Engelbrecht. Webpage · Find more from JacPod
    37 min
  • Seisoen 2 bring meer ware misdaad verhale
    Die nuwe seisoen van dié bekroonde podgooi is terug met weeklikse episodes oor van die land se mees berugte misdaad intriges.
    Seisoen 2 vertel die ware stories oor misdade en die impak op die slagoffers van George in die Wes-Kaap tot in Pofadder in die Noord-Kaap.
    Luister van 25 Junie 2024! Webpage · Find more from JacPod
    1 min
  • Die Krugersdorp-moordenaars
    Krugersdorp het Suid-Afrika in 2019 geskok toe 'n bisarre storie aan die lig gekom het oor die moorde op 11 mense in dié gebied aan die Wes-Rand. Ses inwoners is skuldig bevind dat hulle 'n terreur bewind gevoer en die moorde gepleeg het in die naam van Christenskap, satanisme, jaloesie en geldsug. Gerda de Sousa vertel dié ware misdaad verhaal in die sesde episode van True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe... Webpage · Find more from JacPod
    1 hr 30 min
  • Die verdwyning van Natasha Viljoen
    Op 25 Mei 2010 gee Natasha Viljoen geboorte aan 'n seuntjie in a hospitaal in Gauteng. Maar vyf dae later verdwyn sy en meer as 'n dekade later is daar steeds geen teken van haar nie. Gerda de Sousa vertel dié ware en onopgeloste misdaad verhaal in die vyfde episode van True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe. Webpage · Find more from JacPod
    53 min
  • Die onheil van die reeksmoordenaar genaamd Moses Sithole
    Moses Sithole het in die vroeë 1990s sy moord bewind gevoer onder vroue in Atteridgeville, Boksburg en Cleveland. Sithole is in die geskiedenis boeke aangeteken as die veroordeelde reeksmoordenaar met een van die meeste slagoffers ooit. Gerda de Sousa vertel dié ware misdaad verhaal in die vierde episode van True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe. Webpage · Find more from JacPod
    1 hr 23 min

About True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe

From the publisher's feed

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe vertel die ware intrigues agter van Suid-Afrika se mees berugte en skokkende misdade ooit. In dié veel bekroonde potgooi, vertel Jacaranda FM se Gerda de Sousa die stories agter ware misdaad verhale regoor die land.

More shows like True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe

Casefile True Crime by Casefile Presents

Casefile True Crime

37,606 Listeners

Cold Case Files by A&E / PodcastOne

Cold Case Files

8,634 Listeners

Crime Junkie by Audiochuck

Crime Junkie

369,576 Listeners

Profiler: True Crime Africa by plotshift.co.za

Profiler: True Crime Africa

30 Listeners

True Crime South Africa by Killer Audio Creations

True Crime South Africa

171 Listeners

True Crime South Africa by Killer Audio Creations

True Crime South Africa

26 Listeners

Huisgenoot - Agter die storie by Media24 Leefstyl

Huisgenoot - Agter die storie

0 Listeners

Park Predators by Audiochuck

Park Predators

18,048 Listeners

Serialously with Annie Elise by Annie Elise

Serialously with Annie Elise

10,402 Listeners

MrBallen Podcast: Strange, Dark & Mysterious Stories by Ballen Studios

MrBallen Podcast: Strange, Dark & Mysterious Stories

29,238 Listeners

Murder, Mystery & Makeup by Audioboom Studios

Murder, Mystery & Makeup

8,948 Listeners

Real Survival Stories by NOISER

Real Survival Stories

1,334 Listeners

Wat sê die Tannies by Afrikaans.Radio

Wat sê die Tannies

6 Listeners

Huisgenoot Ware Lewensdramas by Huisgenoot

Huisgenoot Ware Lewensdramas

3 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners